Beste gemeenteleier,

Die Oktober-LiG is van vandag beskikbaar en daar is wonderlike inhoud vir jou en jou gemeente. 

Gebruik gerus ons uitgewerkte vrae vir selgroepe - kliek hier.

Deel gerus ook LiG se verrykende inhoud met jou gemeentelede:

In LiG se Oktober-uitgawe vier ons mense se oorwinnings! Borskanker-oorwinnaars vertel hoe hulle ander op hul herstelpad help. Ysterman Alwyn Uys getuig hoe hy sport geniet, selfs in ‘n rolstoel. En ons voorbladvrou, Franja du Plessis vertel dat God ‘n plan het, selfs al gaan dit met pyn gepaard.

Ons kyk hoe sendingwerk vandag lyk, en deel ‘n ma se getuienis wat sê: “Ek het nooit gedink ‘spesiale behoeftes’ sal mý kind beskryf nie.

Vir gesinne gee ons raad wat geluk en vrede bring:

• Leer jou kind om te wag

• Bou jou huis op waardes eerder as reëls

LiG ondersoek die kwessie van aborsie – is dit deesdae ‘n noodmaatreël of ‘n “voorbehoedmiddel”?

In Oktobermaand sal LiG se inhoud jou inspireer en verryk!

 

Volg ons op Facebook en Instagram by @ligtydskrif.

 

Teken in as gemeente en spaar! Gesels met Jeanne van Niekerk vir meer inligting. (Kliek op Jeanne se naam om 'n e-pos te stuur of skakel haar by 021 864 8252.)

---