Beste gemeenteleier, 

In die Julie-LiG gaan ons op reis na die berge om God op te soek.

Meer oor LiG se Julie-uitgawe:

In LiG se Julie-uitgawe vertel Erica Wessels oor haar soek en vind van God. Two Oceans-wenner, Gerda Steyn, vertel hoe sy verras was oor haar hardlooptalent. En twee jong argitekte deel hulle storie van gehoorsaamheid in die sendingwêreld.

Ons gee 35 maniere om gehalte-tyd met jou kind te spandeer hierdie vakansie. Kundiges gee ook raad as jou man aan pornografie verslaaf is.

Lees oor mense wat bergklim op soek na God – van Moses tot nou. En kry ons vier bid-bakens wanneer jy 'n woestyntyd beleef. Gebruik gerus ons gespreksgids vir selgroepe om hieroor te gesels.

Maak self 'n knus mus vir jou koffiemaker (“plunger”)!

LiG – vir jou en jou mense.

Om nog van LiG se puik Christelike inhoud te lees, besoek www.lig.co.za of gesels saam op Facebook

 

Maak ’n verskil! 'n Gedeelte van jou intekengeld gaan aan vroeëkinderontwikkeling. 

 

LiG se Julie-uitgawe is vanaf 11Junie te koop in boekwinkels en supermarkte. Of teken in as gemeente en spaar! Gesels met Jeanne van Niekerk vir meer inligting. (Kliek op Jeanne se naam om 'n e-pos te stuur of skakel haar by 021 864 8252.)

Jy kan die voorblad van LiG hier aflaai (783 Kb). En die gespreksgids vir selgroepe hier. Hierdie gespreksgids gebruik artikels uit LiG om selgroepe aan die gesels en dink te kry oor hulle geloof en hoe om dit uit te leef.