Beste gemeenteleier, 

Deel gerus die inhoud van LiG se jongste uitgawe met u gemeente. In die Augustus-LiG ontdek ons die vreugde en die hartseer van die lewe. 

Meer oor LiG se Augustus-uitgawe:

In LiG se Augustus-uitgawe vrolik Tracey Lange ons lewe op! Ons vertel van 'n vrou se rommelterapie na haar kinders se dood. En skryf 'n huldeblyk aan Annalise Wiid, geliefde woordkunstenaar.

Sukkel jy om te bid? Ons gee wenke uit Bybel. Lees ook die artikel oor hoe om 'n betroubare Bybelvertaling te kies.

Agt vroue vertel hoe hul woorde die wêreld 'n beter plek maak. En ons gee raad oor wanneer om stil te bly en wanneer om te praat as frustrasies jou huwelik tref.

Vir ouers gee ons raad oor hoe om kinders sonder vrese groot te maak. En kundiges gee agt wenke om jou kind se woordeskat te ontwikkel – dis boustene vir sukses.

LiG – vir jou en jou mense.

Om nog van LiG se puik Christelike inhoud te lees, besoek www.lig.co.za of gesels saam op Facebook

Maak ’n verskil! 'n Gedeelte van jou intekengeld gaan aan vroeëkinderontwikkeling. 

 

LiG se Augustus-uitgawe is vanaf 16 Julie te koop in boekwinkels en supermarkte. Of teken in as gemeente en spaar! Gesels met Jeanne van Niekerk vir meer inligting. (Kliek op Jeanne se naam om 'n e-pos te stuur of skakel haar by 021 864 8252.)

Jy kan die voorblad van LiG hier aflaai (1,5Mb). En die gespreksgids vir selgroepe hier. Hierdie gespreksgids gebruik artikels uit LiG om selgroepe aan die gesels en dink te kry oor hulle geloof en hoe om dit uit te leef.