Beste gemeenteleier, 

Deel gerus die inhoud van LiG se jongste uitgawe met u gemeente.

Meer oor LiG se Fees-uitgawe:

In die Desember/Januarie-uitgawe van LiG vier ons fees! Ons kuier rondom 'n Kerstafel met Juanita du Plessis en haar mense. En nooi koninkrykwerkers om te vertel van hul lewe tussen armes en gebrokenes.

Ons vra waar pas Kersfees in die Bybelse feeste in, gee aan ouers idees vir geskenke wat geld nie kan koop nie. En bied oulike planne vir gesinne om speel-speel hierdie vakansie herinneringe te maak.

Louis en Hettie Brittz vertel van hulle geloofsprong ... tot in Amerika. En 'n entrepreneur vertel hoe haar passie haar pyn se baas is.

Kundiges gee raad oor hoe om uit die kloue van trauma te kom. Stephan Joubert skryf oor hoe God oor armoede en rykdom dink. En ons handwerkpatroon is ‘n uitstekende idee vir ‘n Kersgeskenk.

LiG – vir jou en jou mense. Volg ons op Facebook  en Instagram  by @ligtydskrif.

Maak ’n verskil! 'n Gedeelte van jou intekengeld gaan aan vroeëkinderontwikkeling. 

 

Hierdie uitgawe is tans beskikbaar in boekwinkels en supermarkte. Of teken in as gemeente en spaar! Gesels met Jeanne van Niekerk vir meer inligting. (Kliek op Jeanne se naam om 'n e-pos te stuur of skakel haar by 021 864 8252.)

Jy kan die voorblad van LiG hier aflaai (1,7 Mb). 

---