Beste gemeenteleier, 

Die jongste LiG is van Maandag af beskikbaar. Deel gerus hierdie Christelike tydskrif se inhoud met jou gemeente. Julle kan selfs hierdie uitgewerkte vrae in julle selgroepe gebruik.

In LiG se Maart-uitgawe leef ons ongekunsteld. Ons dink aan Jesus se laaste dae op aarde. En stap saam op sy lydensweg.

Ons gee raad oor hoe om kinders eenvoudig groot te maak, en gesels met kenners oor die voordele van kaalvoet loop.

Lees hoe om jou eie lewe te vereenvoudig en te laat gaan … En kry raad vir daardie emosionele eet-buie.

'n Predikantspaar vertel oor die lewe ná hulle huis afgebrand het. En Marinda Engelbrecht inspireer ons met haar Weskus-hartlikheid en lewenswysheid.

Christia Visser, ons voorbladnooi, gesels haar hart uit.

Die Maart-uitgawe is van 11 Februarie in winkels te koop.

LiG – vir jou en jou mense. Volg ons op Facebook  en Instagram  by @ligtydskrif.

 

Teken in as gemeente en spaar! Gesels met Jeanne van Niekerk vir meer inligting. (Kliek op Jeanne se naam om 'n e-pos te stuur of skakel haar by 021 864 8252.)

---