Beste gemeenteleier,

Die jongste LiG is beskikbaar en ons fokus op Pinkster. Hier is 'n goeie artikel om met jou gemeente te deel.


In ons Junie-uitgawe vier ons Pinkster, en vra: “Wie is Hy, hierdie Heilige Gees?” Ons verwonder ons oor die genade van sondebelydenis. En skryf 'n spesiale brief aan jong pa’s. Ons gee ook blink idees om jou pa met Vadersdag te bederf (selfs al het jy min tyd!).

LiG gesels met Albert en Viljé Maritz oor die seën van pa-en-seun-wees. Ons nooi drie skrywers vir tee – Maretha Maartens, Lizette Murray en Elsa Winckler deel hul wysheid. 'n Skrywer wie se hekelwoorde help heelmaak deel ook haar storie.

Ons voorbladnooi Leah inspireer ons met haar deursettingsvermoë en hardwerkendheid.

Vir sommiges is dit hul geloofspad op hul lyf – ons gesels met mense wat tatoeëermerke laat aanbring.

 

LiG – propvol goeie raad en praktiese wenke. LiG – vir jou en jou mense. Volg ons op Facebook  en Instagram  by @ligtydskrif.

 

Teken in as gemeente en spaar! Gesels met Jeanne van Niekerk vir meer inligting. (Kliek op Jeanne se naam om 'n e-pos te stuur of skakel haar by 021 864 8252.)

---