Beste gemeenteleier,

Die September-LiG is van vandag beskikbaar en ons fokus steeds op koninkrykstyd. 

Besoek gerus ons webwerf vir uitgewerkte vrae wat selgroepe kan gebruik - kliek hier.

Deel gerus LiG se verrykende inhoud met jou gemeentelede:

In LiG se September-uitgawe skep ons nuwe geestelike asem! Ons gee raad as Bybellees en bid bloot roetine raak, en vra: Wie definieer jou – jou beroep, jou vriende of Jesus?

Pascal Pienaar vertel van haar wêreldreise, haar Christenskap en hoe haar siel heerlik dans! En Jannie du Toit, geliefde en geseënde troebadoer vertel dat sy lewe sy lied is.

‘n Ouma en Oupa van Port Elizabeth gesels oor hulle aktivisme teen plastiek. En ‘n afgetrede paartjie beskryf hulle doenigheid met die kerk se kompos, kool en kospakkies.

Vir ouers gee ons raad: As regverdig-wees ‘n kopseer is, en as jou kind weier om te deel.

Meneer en Mevrou, ons gee wenke oor bedsake – en 11 maniere om jou vrou te bemin.

 

LiG – Christelike inhoud wat jou sal verryk en inspireer.

Volg ons op Facebook en Instagram by @ligtydskrif.

 

Teken in as gemeente en spaar! Gesels met Jeanne van Niekerk vir meer inligting. (Kliek op Jeanne se naam om 'n e-pos te stuur of skakel haar by 021 864 8252.)

---