All posts by: LiG-redaksie

About LiG-redaksie

O! die vreugde en vervulling van ware liefde … Maar dan tog nie die alles-perfek-en-presies soort liefde wat Hollywood ons so graag wys nie. Ook nie die flambojante sal-jy-met-my-trou-­extravaganzas wat ons op YouTube sien nie. Of die jy-is-die-beste-ding-wat-al-ooit-met-my-gebeur-het-verklarings op Facebook, of ’n tydskrifgehalte WhatsApp-profielfoto nie. Ware liefde is ongelukkig ook nie ’n sprokiesagtige troue wat […]

In die eerste drie maande van jou baba se lewe is daar baie dinge wat jy kan doen om te help dat hy/sy optimaal ontwikkel. DEUR JUDITH KAMFFER Babas begin dadelik ná geboorte om op die wêreld om hulle te reageer. Die grondslag vir jou kind se kommunikasie- en taalontwikkeling, bewegings- en fisieke ontwikkeling, sosiale, […]

Dit is dalk nie vir sensitiewe lesers geskik nie – en dalk wél. Daar behoort ’n ouderdomsbeperking te wees – en dalk nié. Wat máák die boek Hooglied tog in die Bybel! Hoort hierdie soort passievolle beskrywings hoegenaamd in God se amptelike biblioteek? Deur Stephan Joubert Grootmensdinge. Agt hoofstukke lank. Die Hooglied-leser word meegevoer deur […]

Skerpskerts (oftewel “stand-up comedy”) is nie die soort vermaak wat in almal se smaak val nie. “Te veel vuil taal,” sal sommige hieroor sê. Maar deesdae trek daar ook ’n vars briesie oor hierdie verhoog. Deur Conette le Roux Mariette Loubser, die 34-jarige komediant wat die afgelope ruk naam maak op die skerpskerts-verhoog, is ’n […]

My kind se gedrag bekommer my. Buitendien vermoed ek hy is agter by sy klasmaats. Moet ek iemand se hulp inroep? En, indien wel, wie s’n? Al wat leef en beef praat mos deesdae van “terapie”; watter terapeut sal die beste vir my kind wees? Deur René Badenhorst Spelterapie “Spelterapeute hoor dikwels dié vraag: ‘Kan […]

Van sit en staan kom niks gedaan, sê die grootmense. En ledigheid is die duiwel se oorkussing. Koop die tyd uit! lui die Bybelse vermaning. En die navorsers sê … ons werk ons dood. Letterlik. Waar lê die waarheid? Deur Susan Goosen Eenmaal is ’n wyse ou monnik gevra wat volgens hom die grootste probleem […]

Dit was ’n warm somersaand toe ek en ’n groepie vriende besluit het om in die berg te gaan stap. Die volmaan sou genoeg lig gee sodat ons die paadjie se kronkeling sou kon volg. ’n Warm bergwind het ons wange gesoen. Die donker bosse en klippe het stil wag gehou en in die maanlig […]

Teen hierdie tyd weet die hele winkel dit: Jou kind wil ’n roomys hê! Mense gaan staan behoorlik en staar na hierdie vreemde wese wat tussen die rakke lê en skreeu. Almal wonder, jy inkluis: Hoe nou gemaak? Deur Susan Goosen “Om jou kind te dissiplineer wanneer ’n skare mense toekyk, is beslis nie eenvoudig […]

Branders wat met woeste geweld teen ’n rots slaan, in duisend druppels versplinter en die lug in stippeltjies wit versier. Die terugtrek van water wat die sand glad stryk asof daar nooit spore was nie. Die gedurige gedruis van branders wat aangerol en aangerol kom. ’n Gesigs­einder wat in wasige blou tot wie weet waar […]

Wanneer daar weer berig word oor ’n tiener se selfdood, laat dit almal verslae. Sprakeloos. Magteloos. Is daar dan nie iéts wat ouers en vriende kan doen om so ’n tragedie te probeer verhoed nie? DEUR RENÉ BADENHORST “Dit is onmoontlik om die waarde te meet van één lewe wat deur selfdood kortgeknip is.” Só […]