All posts by: LiG-redaksie

About LiG-redaksie

In swaarkry-tye soek ons soms tevergeefs na antwoorde. Dit ontstel ons wanneer ook God dan skynbaar swyg. Sy antwoorde kom egter dikwels in ’n ander toonaard na ons toe – as beloftes, versekerings. En ons kan dit gerus glo, want dit is in sy trou geanker, nie in ons (klein)geloof nie. Deur Francine van Niekerk […]

Ware dankbaarheid is ’n leefstyl. Maar dit moet aangeleer word, en dít kom nie vir almal ewe maklik nie. Hier is ’n klompie inspirerende verhale wat dalk sal help om jou te oortuig.   Deur Maretha Maartens   “Ons leef nóú in ‘joy’. Ons hoef nie vir groot gebeurtenisse op die horison te wag nie.” […]

Onvrugbaarheid. Infertiliteit. Julle sal nie op die normale manier kan kinders hê nie … Dit maak nie saak hoe jy dit noem of beskryf nie – vir sommige mense is dit net so ’n traumatiese diagnose soos vir dié wat moet hoor dat hulle kanker het. Wat word nou van jou smagting na ’n baba? […]

Té lank het ons gedink dat kinders wat goed in taal of wiskunde is, die slimmes is. Daar is egter baie meer aan intelligensie as wat ons dink. Deur Ewald en Beatrix van Rensburg Daardie aand moes klein Jean se ma sy geliefkoosde slaaptydstorie weer ’n keer aan hom voorlees, en weer. Ná die derde […]

Reeds van kleins af word ons geleer om te bid. Ons leer dat God hoor as ons vra, dat God luister as ons praat. Ons glo dit vas. Maar is daar nie dalk méér aan gebed as dit nie? Deur Ronell Bezuidenhout Vroeg-vroeg leer gelowige ouers hul kinders hoe om te bid: Teen slaaptyd bid […]

Die man wat voor ons staan moet ongeveer 30 jaar lank reeds ’n predikant wees. Ek het dit vinnig uitgereken toe hy so halfpad deur sy preek was. Dit is nie iets wat ek gewoonlik doen as ek na ’n prediker luister nie. Maar hierdie keer was daar iets wat my van dié man opgeval […]

My stiefkinders is tieners, en ek vind dit ’n geweldige groot uitdaging om hulle groot te maak. En ek wil só graag ’n goeie verhouding met hulle hê. Wat kan ek doen?   DEUR RENÉ BADENHORST   Om ’n tiener groot te maak, is waar­skynlik nooit maklik nie. Wanneer hy of sy boonop nie jou […]

Wat maak jy, ’n jong vrou met sterre in die oë en drome in die hart, wanneer jy eensklaps verlam gelaat word? Jy is dankbaar oor die goeie pad wat soveel mense met jou loop. En jy gee 110% vir die Here. Dit is wat Nandi Odendal doen. Deur Yolanda Wessels   Nandi Odendal het […]

“Gasvryheid” het ’n gonswoord geword. Allerlei ghoeroes smous wenke oor presies hoe jy jou vernuf in dié verband kan opknap. Maar wie het geweet dat die Bybel nog altyd dié Boek is wat ons die meeste daaroor leer? Deur Rudi Swanepoel   Voordat ons vanuit ’n Christelike perspektief oor gasvryheid kan begin praat, moet ons […]

’n Paniekaanval is ’n intense belewenis wat soos ’n hartaanval of ʼn beroerte-aanval voel. Al hoe meer persone ondervind dié vorm van angs. LiG het met mense gesels wat eerstehandse ondervinding hiervan het. Deur Conette le Roux “Ek kry verskriklik warm; dit is asof ek nie asem kry nie. Terselfdertyd voel dit asof my kop […]