All posts by: LiG-redaksie

About LiG-redaksie

Alle ouers word op die een of ander tyd in hulle lewe met ’n leë nes gekonfronteer – die kinders is nou groot. Hulle begin werk, gaan universiteit toe, trou. Hou nou gemaak, Ma en Pa? Deur Ilette Coetzer   Dit is nét so … en dan is hulle weg. Uit die bekende blyplek, die […]

Hy sê hy probeer om soos Jesus na mense toe te leef. Hy loop waar hy wil wees, sê hy, soos Jesus geloop het. En, soos Jesus, reik hy en sy vriende na buitestanders uit.   Deur Conette le Roux   Pierre du Plessis is beslis nie jou gewone dominee nie. En selfs nie die […]

’n Gesin wat kies om die Here te dien, is ’n gesin wat besonderse waardes nastreef. Hulle weet hulle is nie hier om bloot te probeer inpas nie, maar om ’n daadwerklike verskil te probeer maak. Deur René Badenhorst Die wêreld het gesinne met sterk waardes nodig. Daarom is dit belangrik dat elke gelowige gesin […]

Sy geboorte is nie op ’n Kerskaartjie verewig nie. Boney M was nie die hemelse koor nie. Die krip is nie vir Hom ontwerp nie; dit was ’n gewone voerbak waaruit skape gevreet het. Hy was nooit “Liewe Jesus” nie, maar uit die staanspoor Christus die Here. Deur Stephan Joubert “Dit lyk dan nie soos […]

Het jy geweet dat daar ’n “goue tydperk” in jou kind se lewe is wat deurslaggewend vir sy of haar toekoms is? Ons 1 000 dae-gids help jou om dié tyd op die beste manier te benut. Deur Conette le Roux Wêreldwye navorsing het in die afgelope dekade uitgewys hoe waardevol vroeë kinderontwikkeling is. En […]

Scott Wesley Brown het ’n liedjie gesing wat ’n glimlag op baie gesigte bring. Die woorde lui só: Please don’t send me to Africa. I don’t think I’ve got what it takes; I’m just a man. I’m not a Tarzan. I don’t like lions, gorillas or snakes. I’ll serve you here in suburbia, in my […]

Daar word beweer dat die moderne mens ongeveer 35 000 besluite per dag neem. Dit is glo een van die redes waarom die suksesvolle Mark Zuckerberg van Facebook elke dag dieselfde soort uitrusting dra. Ook wyle Steve Jobs, Apple-ikoon, het elke dag op dieselfde manier as die vorige dag aangetrek. Dit, het hulle gesê, verminder […]

Om saam oud te word is geen kuns nie; dít is bloot ’n biologiese gelukskoot. Maar om lank-en-gelukkig getroud te wees … dáár lê die knoop. Want dit val in niemand se skoot nie. Dit vra harde werk en deurlopende sorg.

Die aktrise Leandie du Randt maak geen geheim daarvan dat haar predikantpa Neels ’n groot rol in haar lewe speel nie. Hulle het dit nie altyd maklik gehad nie, sy en haar pa. En die band is sterker as ooit. Haar eerste herinnering aan haar pa is hoe hy haar optel, in die lug gooi […]

Wanneer my selfoon biep en die skermpie wys Please Call Me, weet ek dit is die arm mense se noodsein. Hierdie keer is dit Engela met die drie kindertjies. Haar man het haar en haar oudste meisiekind aangerand, en ek het hulle gehelp om ’n kamer te vind sodat hulle van hom kon wegkom. Hoe […]