All posts by: LiG-redaksie

About LiG-redaksie

“Jy mag nie byt nie. Jy mag nie slaan nie. Maak skoon waar jy gemors het.” Huisreëls. Dis die rigsnoer vir wet en orde in ’n gesinsopset. Maar moet die gesin nie eerder volgens ’n interne kompas funksioneer nie? Waardes, met ander woorde, in plaas van ’n stel reëls? DEUR SUSAN GOOSEN Die bekende Romeinse […]

Dis nou reeds meer as drie weke dat ons elke aand dieselfde storie vir hom moet lees. Ek het al Noag en Jona probeer, en Jesus wat die storm stil gemaak het, maar hy wil niks weet nie. Die enigste twee Bybelkarakters wat in hierdie tyd ons seuntjie se verbeelding aangryp, is Dawid en Goliat. […]

Ek hoor ’n tyd gelede die storie van ’n komediant wat op ’n dag, net voordat een van sy vertonings moes begin, sy aanhangers buite die deur ontmoet het. Terwyl hy die mense welkom heet, trek ’n toneel aan die oorkant van die straat sy aandag: Daar staan ook ’n ry mense. Hulle wag om […]

Deur Hesti Greeff Die laaste ruk het die Here baie swaar op my hart gedruk dat ek iets moet sê oor my pad met borskanker. Ek wil net eer gee aan my Koning, want Hy verdien dit. Ek was nog altyd ’n gelowige mens. Maar ek kon meer tyd saam met die Here deurgebring het. […]

Van kanonbouer tot sendeling. Van sterk man tot ’n verlamde mens wat nie meer kan praat nie. Niks in sy lewe het dieselfde gebly nie. Ook nie sy vertroue op God nie – dié het gegroei.   DEUR MARISKA SPOORMAKER Met die intrapslag sien jy die groot rolstoel op die toegeboude stoep. “Dit was Joost […]

Deur Koos Kruger Ek het op 10 Julie 2018 by my dogter en skoonseun se huis in Langenhovenpark in Bloemfontein ’n dooie boomstomp se takke afgesny met ’n groot hoekslypmasjien (angle grinder). Die boomtakke het op die grond gelê en ek en die tuinwerker het begin om die takke in klein stukkies te saag vir […]

Kinders aanvaar maklik dat mense op baie maniere van mekaar verskil – maar wanneer hulle iemand sien wat ooglopend gestremd is, begin hulle staar. Of lag. Of met die vinger wys. Of tree hulle oor die algemeen ontoepaslik op. Hoe kan ouers hul kinders leer om andersheid te aanvaar? Deur Melodie Veldhuizen Elke ouer ken […]

Toe my dogtertjie twee en ʼn half jaar oud was moes ons hoor haar lewe is ʼn “hartverskeurende onbekende”. Maar ek het ook geweet ons sal berge versit om haar die beste kans op ʼn funksionele lewe te gee … DEUR DEIDRÉ BARNES 20 Julie 2018. Dié datum sal vir ewig in my hart en […]