Bekendes

Hul musiek dra dié hoopvolle boodskap vir Suid-Afrika, sê die Kaleidoskoop-duo: Ons kan énige seisoen aandurf. Draai bloot jou gesig na die Ligbron. Deur Conette le Roux Hoe mooi is dit nie! Pragtige, sielvolle klanke wat ’n liggie in jou binneste aansteek.” Só het ’n gehoorlid  by ’n onlangse Kaleidoskoop-optrede uitgeroep. En nou, met die […]

Die aktrise Leandie du Randt maak geen geheim daarvan dat haar predikantpa Neels ’n groot rol in haar lewe speel nie. Hulle het dit nie altyd maklik gehad nie, sy en haar pa. En die band is sterker as ooit. Haar eerste herinnering aan haar pa is hoe hy haar optel, in die lug gooi […]

Die gewilde Corlea het reeds as klein dogtertjie oor ’n sangloopbaan gedroom. Haar ouers het hierdie droom gedeel en was uit die staanspoor vasbeslote om hul dogter se Godgegewe talent te help ontwikkel. Corlea Botha (28) was maar agt jaar oud toe sy haar buiging in die Staatsteater in Pretoria gemaak het – in die opera […]

As jy alles bymekaar tel, het hulle byna 100 albums uitgereik. Hulle spog met arms vol toekennings. En steeds maak hulle die musiek wat hulle oor dekades heen geliefd gemaak het. LiG wou by die drie geliefde sangeresse weet wie hulle inspireer, en wie dit was wat hulle arms omhoog gehou het terwyl hulle ’n […]

Hanna Grobler is ’n vars briesie in ’n wêreld waar die kollig so maklik verblindend kan skyn. Hierdie beeldskone vrou dink nie aan haarself as ’n glansmens nie, al is sy gereeld in plaaslike TV-reekse en films te sien. En al verskyn sy en haar man, die gewilde Bok van Blerk, gereeld op die rooitapyt […]