Inspirasie

08Aug 2018

Woorde kan genees; dit kan helaas ook vernietig. Daar is ’n hele klomp bekende vroue wat eerstehands hiervan kan getuig. Hulle is mense wat woorde op en in hul hart dra. Waar kom hierdie liefde vandaan? wou LiG by hulle weet. Deur Conette le Roux Woorde kan ’n helende krag in die samelewing uitoefen.” Só […]

08May 2018

Dit is waarskynlik dié Christelike feesdag wat die meeste deur Christene afgeskeep word. Miskien omdat dit op ’n Donderdag gevier word wat in sommige lande, soos Suid-Afrika, nie (meer) ’n openbare vakansiedag is nie. Maar hierdie geringskatting geskied tot gelowiges se nadeel. DEUR COENIE BURGER   Dalk is die grootste rede vir die afskeep van […]

06Apr 2018

Olivia Zwiegelaar vervul haar roeping voor haar naaimasjien. Hier maak sy rokke … maar nie sommer súlke rokke nie. Elkeen het byvoorbeeld ’n spesiale naam, en ’n mooi storie. Deur Conette le Roux Rebekah, Miryam, Yadid en Teshuah hang op ’n ry in die kas in Olivia Zwiegelaar (37) se naald­werkkamer in Stellenbosch. Rokke. Elkeen […]

09Feb 2018

Wat is die grootste geskenk wat een mens aan ’n ander kan gee? Hoop. Sonder twyfel. Want waar daar hoop is, is daar lewe. DEUR BAREND VOS Die befaamde Afrikaanse skrywer, Hennie Aucamp, het hulle “gewers” genoem. Daardie mense wat hul lewe lank letterlik “gee” – van hul kennis, hul vaardighede, hul wysheid. Hulle sélf. […]

30Jan 2018

God se prioriteite vir sy koninkryk blyk duidelik uit sy Woord. En wanneer ons, sy koninkrykskinders, daaraan gehoor wil gee, sal ons al hoe minder op ons eie gemak en gerief fokus en eerder daarna streef om ons medemens se belange te dien. DEUR RENÉ BADENHORST “Om te gee, maak ’n mens gelukkiger as om […]

09Jan 2018

Vreugde is soms ’n jubeling, soms ’n stille vrede. En dikwels ’n ontwykende droom. Die slim mense sê vreugde is ’n keuse, ten spyte van alles – en hulle is reg, as jy die Bybel ernstig wil opneem. DEUR LIZETTE MURRAY   Bybelse vreugde het vele gesigte. Dit loop in elk geval soos ’n goue […]

04Dec 2017

Elke jaar word die Kerstyd met groot afwagting begroet, maar alte dikwels verloop dit weer in die ou, geykte patrone. Dieselfde ou storie, wat niemand meer opgewonde maak nie. Hoe kan ons hierdie kosbare fees weer met oorgawe en oortuiging begin vier? Deur Rudi Swanepoel Elke jaar vra gelowiges hulle af: Hoe kan ek hiérdie […]

27Nov 2017

DEUR ANNALISE WIID Op ’n dag, toe dit warmer was as kraaie-gaap, het God die engel Gybriejil na ’n maagd op ’n dorp in die Bolandse berge gestuur. Gybriejil het haar nuutste jean aangehad en ’n spierwitte T-shirt. Oor daar nie geld was vir costumes en vlerke nie. Ook nie ’n laken om te “spare” […]

13Nov 2017

As jy daarvan oortuig is dat God self ’n droom in jou hart geplant het, sal jy weet dat jy dit moet najaag. Ongeag die omstandighede, ongeag jou ouderdom. Én, sal jy ook weet, so ’n droom word nie bloot vir eie gebruik aan jou toevertrou nie. DEUR CONETTE LE ROUX   Dit is nooit […]

13Jun 2017

Onkunde. Mense se onbegrip. Hul doodgewone wreedheid. Dit alles teister jou wanneer jy ’n erg gestremde kind grootmaak. Maar, vertel hierdie ma, ten minste het hierdie kind mý oë oopgemaak … Deur Conette le Roux   Ses jaar gelede is daar ’n merkwaardige seuntjie gebore – Christian Buchanan. Sonder oë. Daar waar sy ogies moes […]