Jou geloof

09Jul 2019

Daar is ’n boekie in my laai waarin ek die adresse neergeskryf het waar ek al gewoon het. Daar is onder meer dié van my ouerhuis op die Vrystaatse platteland, ’n huis in ’n wêreldstad en ’n straatnommer in ’n vaal woestyn. By elk van daardie blyplekke is daar belewenisse wat helder soos ’n geliefde […]

20Jun 2019

Tatoeëermerke is lankal nie meer die waarmerk van willewragtigs nie. Daar is die ma wat haar kinders se name op haar vel laat aanbring. En geliefdes wat ’n betekenisvolle simbool deel. Vele Christene vertel hul geloofsverhaal op hul lyf. Maar … is dit dan nie sonde nie? DEUR CONETTE LE ROUX Die dae toe tatoeëermerke […]

14Jun 2019

Die Amerikaanse historikus, William R Black*, vertel hoe sy pa in die 1940’s elke Vrydagaand ’n geldjie verdien het deur die ligte by ’n Joodse immigrant se huis te gaan aanskakel. Die Tora verbied Jode om op die sabbat ’n vuur in hul huis aan te steek. Black sê sy pa het naderhand begin wonder […]

03Jun 2019

Tydens LiG se lesersdag buite die Paarl, het Elsa Winckler oor die liefde gepraat. Haar woorde het ons inspireer en bygebly. Ons sou vir maande lank nog hieraan kan herkou.     In Grieks is daar vier verskillende woorde vir liefde: storge, philia, eros en agapé. Vir die huwelik om oor ’n lang tydperk te […]

13May 2019

Jesus se leringe was dikwels in stryd met die gangbare opvattings in daardie tyd. Heeltemal anders as wat mense van ’n rabbi sou verwag. Hoor dan hier: Dit was ’n gewone tempeldag. Die Fariseërs het hardop gebid en luidkeels hul heiligheid vertoon deur dankie te sê dat hulle nie so sleg soos die mense om […]

13May 2019

Ek weet sommige mense wil dadelik “ja!” antwoord. Hulle sê: Is dit dan nie die mens wat wik maar God wat beskik nie? Ander kies weer ’n dadelike “nee”. Hulle sê: Is dit nie so dat God dié help wat hulle­self help nie? Daar is ook diegene wat sê dat God die Skepper is, maar […]

13May 2019

Daar word ’n storie vertel van twee vriende wat deur die woestyn geloop het en tydens hierdie reis ’n hewige argument gehad het. Uit pure woede en frustrasie klap die een die ander toe deur die gesig. Die een wat geslaan is, buk af en skryf met sy vinger in die sand: “Vandag het my […]

10May 2019

Ons ken en aanbid Hom. Ons sing en praat oor Hom. Maar wie is Hy? En wat doen Hy presies? Wat leer die Bybel ons oor die Persoon en die werk van die Heilige Gees? DEUR STEPHAN JOUBERT Ek skakel die TV aan; daar is ’n reuse-kerkdiens op die skerm. Die aankondiger roep uit: “Ons […]

09May 2019

Te veel mense dra te veel bagasie met hulle rond. Dit, terwyl die lewe hoeka nie maklik is nie. Dink ’n bietjie oor daardie dinge wat jou briek – en doen iets daaraan! DEUR WILLEM NICOL Daar word vertel van die ou tannie wat langs die pad deur ’n donkiekar opgelaai word. Die drywer sit […]

16Apr 2019

Christene is geroepenes – dis wie ons is. Ons opdrag is met ons identiteit verweef. Ons mag nie bloot agteroor sit en wag totdat omstandighede in ons guns is voordat ons ons roeping begin uitleef nie. Ons “eendag” is nou … Deur Lizette Murray Soms leef ons ongeërg, ons kyk maar wat die dag vir […]