Jou gesin

30Jan 2018

T-Y-D. Só spel kinders “liefde”. Maar hoe gemaak as hul ouers se tyd beperk is? En maak die (bietjie) tyd wat ouers wel saam met hul kinders kan bestee, hoegenaamd ’n verskil? Deur Susan Goosen Ons almal weet hoe belangrik dit is om gehaltetyd saam met ons kinders deur te bring. Die voordele daarvan is […]

30Jan 2018

Die nuwe jaar lê voor ons – en daarmee saam opwindende vooruitsigte. Maar daar is ook onsekerhede, selfs vrees. Ouers voel dit alles akuut aan wanneer hulle aan hul kinders dink. Hoe sal dit wees as jy al hierdie gevoelens voor die Here gaan lê? Hier is twaalf gebede vir jou kinders om jou hiermee […]

04Dec 2017

Is ’n tuisbly-vakansie vanjaar jul voorland? En dit terwyl al wat leef en beef besig is om hul tasse te pak? Hou goeie moed; julle kan steeds ’n eersteklas-vakansie hê – ja, sommer hier by die huis! Deur Susan Goosen Indien julle hierdie jaar se Kersvakansie noodgedwonge moet tuisbly, mag dit vir jou voel asof […]

13Nov 2017

Help die Bybel ons om ons tieners in die oorgang na volwassenheid by te staan?   DEUR RENÉ BADENHORST    Ons hemelse Vader se verhouding met Jesus demonstreer vir ons die grondslag van ouerskap,” sê dr Johannes Cronjé, pediater, deeltydse dosent by die Departement Pediatrie aan die Universiteit van die Vrystaat en aanbieder van ouerskapkursusse wat […]

08Nov 2017

Nee, kinders kyk nie meer pornografie in ’n weggesteekte tydskrif nie. Daar is baie makliker moontlikhede, en boonop spotgoedkoop. Daardie rekenaar in die kamer, en veral die selfoon waaraan hulle so verknog is en waarmee hulle so vaardig is …  Deur Susan Goosen   So 20 jaar gelede het die Amerikaanse Justisiedepartement in ’n verklaring […]

13Oct 2017

  Hierdie twee resepte is ideaal vir kinders wat wil help in die kombuis. Kleurvolle ontbyt eiernessies Maak 12 nessies Spuit ‘n muffinpan met kleefwerende middel of smeer dit met botter Voorverhit die oond tot 180 grade Celsius 12 snye bruin of volgraan brood (korsies kan verwyder word) 12 groot eiers Plaas ’n sny brood […]

28Sep 2017

Passievolle volwassenes met sterk oortuigings en hope deursettingsvermoë word dikwels as rolmodelle gesien. Maar oor jong kinders wat dieselfde eienskappe het, word daar gefrons. Hoe moet ouers hierdie unieke uitdaging hanteer? DEUR RENé BADENHORST Milah het van altyd af minder as ander kinders geslaap. En toe haar maatjies nog probeer kruip, het sy al rondgehardloop […]

26Jun 2017

Wim is pootuit, kortasem en effens lighoofdig ná die wedstryd. Dit is g’n wonder nie – almal het gesien hoe hy lang ente hardloop, opgewonde beduie en deurentyd aanmoedig, en so tussendeur boonop die skeidsregter reghelp. Wim is nou baie moeër as klein Wimpie, wat in die wedstryd gespeel het … Deur Susan Goosen   […]

15Jun 2017

Die afwesigheid van ʼn pa het ʼn geweldige impak op jou menswees en manier hoe jy die lewe benader. Maar daar is hoop – God kan selfs die diepste wonde genees. RENÉ BADENHORST  Elke mens het ʼn pa nodig. In die mondering van jou lewe en welsyn is daar ʼn belangrike deel wat net deur […]