Jou Huwelik

15May 2018

Baie mense ervaar dat ’n tweede huwelik hulle voor ’n keuse stel: my geluk teenoor my kind s’n. Want dit is ’n feit dat ’n hersaamgestelde gesin nie oornag ’n liefdevolle huisgesin word nie. Dit vra harde werk, baie geduld en hope liefde. Deur Ilette Coetzer Jy is nie my ma nie!” Dit word dikwels […]

22Mar 2018

Om verlief te raak, is maklik. Om verlief te blý, nou ja … Hoe kry paartjies dit reg? Bestaan daar iewers ’n flatervrye resep vir ’n gelukkige huwelik? Het die gelukkiges dalk raad vir hulle wat sukkel, of vir dié wat wonder? DEUR SUSAN GOOSEN Suid-Afrika se egskeidingsyfer is skrikwekkend hoog. Dit het onder meer […]

14Feb 2018

Hoe lyk ware liefde? Kan jy uit die aandra van ’n bos rooi rose of ’n boks sjokolade die gevolgtrekking maak dat die man in jou lewe jou waarlik liefhet? En is die afwesigheid van al hierdie romantiese clichés die teken dat sy liefde vir jou nie is wat dit moet wees nie?   Deur […]

28Sep 2017

Om saam sewe sakke sout op te eet, beteken dat jou huwelik babas, kleuters, tieners en uiteindelik ’n leë nes moet oorleef. Hierdie fases is soos die seisoene – uiteenlopend. En hier is wenke om jou huwelik in elke fase gesond en gelukkig te hou. DEUR SUSAN GOOSEN Hoekom moet ek aan my huwelik wérk? […]

26Jun 2017

’n Huwelik is soos ’n huis waaraan jy bou. Dit vra harde werk, toewyding, liefde. Dit vra ook keuses wat soms klein lyk, maar wat op die lange duur die verskil tussen ’n stewige struktuur en ’n bouval kan beteken. DEUR RENÉ BADENHORST   Hier volg tien keuses wat ’n groot verskil in jou huwelik […]

09Mar 2017

Om saam oud te word is geen kuns nie; dít is bloot ’n biologiese gelukskoot. Maar om lank-en-gelukkig getroud te wees … dáár lê die knoop. Want dit val in niemand se skoot nie. Dit vra harde werk en deurlopende sorg.

20Jan 2017

Die Bybelboek Hooglied skets ’n prentjie van twee mense wat daarin slaag om mekaar se behoefte aan emosionele en seksuele intimiteit wedersyds te bevredig. Soos die Skepper dit bedoel het. Deur René Badenhorst “Gelowige egpare behoort die beste, mees vervullende, mees bevredigende seksuele intimiteit denkbaar te kan hê. Hulle aanbid en dien immers die Skepper […]

12Jan 2017

’n Nuwe tendens is die afgelope paar jaar in Amerika geïdentifiseer: egskeiding by mense ouer as 50. Maar ook in Suid-Afrika is daar talle volwasse kinders wat moet vrede maak met die feit dat hul ouers nie meer ’n paartjie is nie.

05Jan 2017

Kommunikasieprobleme is van die grootste struikelblokke in ’n huwelik. Gelukkig is dit ook van die maklikstes om te oorkom – dit vra bloot ’n bietjie meer begrip, en ’n klompie basiese vaardighede. En die wil om dit uit te voer. Deur René Badenhorst Goeie begrip tussen twee mense kan met ’n tango vergelyk word, sê […]