Redakteursbrief

15Oct 2018

Branders wat met woeste geweld teen ’n rots slaan, in duisend druppels versplinter en die lug in stippeltjies wit versier. Die terugtrek van water wat die sand glad stryk asof daar nooit spore was nie. Die gedurige gedruis van branders wat aangerol en aangerol kom. ’n Gesigs­einder wat in wasige blou tot wie weet waar […]

10Sep 2018

“Wanneer laas het jy gehuppel?” Die vraag betrap my onkant. Ek huppel nie juis nie. Ek ken ook nie ander grootmense wat graag huppel nie. Ek vra op ’n WhatsApp-groepie aan ’n klompie ma’s waarom hul kinders huppel. Dalk, reken ek, dálk kan kinders ons iets leer oor hierdie loop-en-spring-aksie wat jy eintlik net by […]

08Aug 2018

Aan die begin van dié jaar het ek gereeld in die Swartland gekom, daardie streek wat aan die Weskus grens en vir sy koring bekend is. Dit was natuurlik hoogsomer en die heuwels was stowwerig en vaal. Oninspirerend. Toe ek ’n paar maande later weer in daardie omgewing kom, was die massiewe planters druk besig: […]

11Jul 2018

Die eerste keer toe ek van haar skryfwerk gelees het, het ek gewens om ook só binne-in woorde te kan klim. Sodat ek daar kan gaan lê en soos ’n kat spin. Uitgestrek op die sagte woord-kombers, terwyl die sinne saggies aan my ore krap en my onder my ken streel. Ek wou die woorde […]

06Jun 2018

Op ’n keer het ek ’n Franse fietsryer oor berge hoor praat. Hy het gesê: “In Frankryk sien jy die berg daar ver. Jy trap en jy trap – en dan is jy bo-op die berg. “Maar in Suid-Afrika,” het hy met ’n amperse verontwaardige trek op sy gesig gesê, “sien jy die berg daar […]

14May 2018

Ek staan langs die hospitaalbed en sukkel om my emosies te beheer. Dit is ons kollega wat hier lê. Ek sien hoe hy met die ander mense om die bed gesels, ek hoor hoe hy saam grappies maak. Hoe hy vertel wat die dokters hom alles meegedeel het. Ek merk ook die effense sleeptong waarmee […]

14May 2018

“Hallo, Francine,” sê die vreemde stem in die gehoorbuis. Ek sit agter my lessenaar, dit is ’n doodgewone dag op kantoor. Maar die vrou begin haar storie vertel – en die dag kry ’n heel ander kleur. Sy vertel: “Ek was deel van ’n sindikaat wat shoplifting in malls gedoen het.” ’n Oomblik lank kan […]

15Jan 2018

Verlede jaar het die lewe my ’n lelike streep getrek. Sommer baie lelik. Eensklaps het ek my in ’n woestyn bevind en nie geweet watter kant toe nie. Nie omgegee watter kant toe nie. Net geweet ek wil nie verder nie. Ek wou net daar bly lê. Soos Elia, onder die besembos. Die aanhoudende vrae […]

13Nov 2017

In Standerd 2 het my wetenskaponderwyser ons op ’n klasuitstappie geneem. Ons het in so ’n klofie gestap wat welig begroei was met varings en ander donkergroen plante. Bokant ons laerskool-lyfies het reusebome uitgetroon. Die reuk van grys bloekomblare het versny met dié van die klam grond onder ons voete. Eensklaps het ons by ’n […]

16Oct 2017

Hoe gebeur dit dat jy sterre in jou oë kry? Is dit wanneer jou kleinkinders met uitgestrekte arms nou jou toe aangehardloop kom? Of as jou volwasse kinders saam met jou om die etenstafel sit? Dalk is dit wanneer jou huweliksmaat jou met een vriendelike kyk in liefde toevou. Of wanneer jou baas goedkeurend oor […]

  • 1
  • 2