Jou Geloof

Van kanonbouer tot sendeling. Van sterk man tot ’n verlamde mens wat nie meer kan praat nie. Niks in sy lewe het dieselfde gebly nie. Ook nie sy vertroue op God nie – dié het gegroei.   DEUR MARISKA SPOORMAKER Met die intrapslag sien jy die groot rolstoel op die toegeboude stoep. “Dit was Joost […]

Die ou mens moet sterf voordat die nuwe mens gebore word. Dit volg eers ná ’n ontmoeting met Jesus. Jy kan dus sê dis ’n noodlottige ontmoeting. En vanselfsprekend het dit enorme implikasies. DEUR STEPHAN JOUBERT Wanneer ’n nuwe idee hom eers in jou kop tuisgemaak het, keer daardie kop nooit weer na sy oorspronklike […]

In die jare tagtig van die vorige eeu, toe Suid-Afrika weinig kontak met die buitewêreld gehad het, het ons sonder handelsmerke grootgeword. Die enigste handelsmerk wat vir my destyds saak gemaak het, was ’n Super Springbok-rugbybal. Toe gebeur daar ’n merkwaardige ding wat my kinderlewe op sy kop gedraai het: Nelson Mandela word uit die […]

Pinkstertyd is die tyd van die Heilige Gees. In hierdie besonderse weke in die kerklike jaar word die uitstorting van die Gees gevier en word daar opnuut oor Hom nagedink. Wie is Hy? En, veral, wie is Hy vir jou? DEUR COENIE BURGER Pinkster word in die Bybel as ’n wonderlike tyd van vervulling en […]

Hoe gemaak met die sonde wat my lewe versuur en my gewete beswaar? Ek bely dit, ja. Maar is my soort belydenis ooit reg? Hoeveel keer moet ek dit doen? En sê nou ek vergeet van ’n sonde of twee? DEUR STEPHAN JOUBERT “Sluit toe die bieghokkie voordat daardie sondebehepte priester weer hier opdaag!” Só […]

Gister plaas ’n vriendin, wat ek deur Facebook leer ken het, foto’s op haar tuisblad van die huis waaruit hulle ná 25 jaar trek. Dis die huis waar al drie haar kinders gebore is, skryf sy. Die huis waar haar gesin gevorm is. Waar hulle gelag en gehuil en geleef het. Op een van die […]

Lydenstyd. Kruisigingtyd. Ons ken dit so goed. Hierdie stilword-tyd breek vanjaar op 6 Maart aan, Aswoensdag, en verloop sewe weke lank totdat dit die hoogtepunt op 19 April, Goeie Vrydag, bereik. LiG help jou vandeesmaand om die Lydenstyd deur die oë van al vier Evangelieskrywers te beleef. DEUR RONELL BEZUIDENHOUT Jesus se hele volwasse lewe […]

Die Christendom se groot simbole – die kruis en die geopende graf – het hul oorsprong in die Paasgebeure. Maar die heilsgebeure wat hier herdenk word, reik veel verder as persoonlike verlossing. Dit verteenwoordig ’n voortgaande, onstuitbare protesgolf. DEUR RONELL BEZUIDENHOUT Christene wêreldwyd het die lydenspad 40 dae lank gestap, tot by Goeie Vrydag. En […]

Jou gedagtewêreld is ’n baie interessante plek. Dit is privaat – maar jý is daarvan bewus. Soms is jou gedagtes goed en gaaf en mooi; ander kere is dit deurmekaar en selfs ontstellend. Hoe jy maak met wat jy dink, kan die verskil wees tussen oorlog en innerlike vrede. DEUR RUDI SWANEPOEL Gelowige mense stel […]

“Soos in die hemel, so ook op die aarde.” Gelowiges herken dié frase dadelik as ’n deel van die “Ons Vader”-gebed. Vra jy egter wat dit presies beteken, word daar dikwels ge-“uhm” en ge-“aa” … Die regte antwoord is niks minder nie as asemrowend. Lees net hier! DEUR STEPHAN JOUBERT Die hemel is vir die […]