Jou Geloof

Té lank het ons gedink dat kinders wat goed in taal of wiskunde is, die slimmes is. Daar is egter baie meer aan intelligensie as wat ons dink. Deur Ewald en Beatrix van Rensburg Daardie aand moes klein Jean se ma sy geliefkoosde slaaptydstorie weer ’n keer aan hom voorlees, en weer. Ná die derde […]

Reeds van kleins af word ons geleer om te bid. Ons leer dat God hoor as ons vra, dat God luister as ons praat. Ons glo dit vas. Maar is daar nie dalk méér aan gebed as dit nie? Deur Ronell Bezuidenhout Vroeg-vroeg leer gelowige ouers hul kinders hoe om te bid: Teen slaaptyd bid […]

“Gasvryheid” het ’n gonswoord geword. Allerlei ghoeroes smous wenke oor presies hoe jy jou vernuf in dié verband kan opknap. Maar wie het geweet dat die Bybel nog altyd dié Boek is wat ons die meeste daaroor leer? Deur Rudi Swanepoel   Voordat ons vanuit ’n Christelike perspektief oor gasvryheid kan begin praat, moet ons […]

Jesus se kruisdood en opstanding het alles in hierdie wêreld kom verander. Niks sou ooit weer dieselfde wees nie. Breek vanjaar weg van die geykte Paasvieringe en probeer om dit interaktief saam met jou gesin aan te pak. Deur Ewald van Rensburg “Die opstanding was toe die heelal in die lewe van een Man ontplof […]

’n Gesin wat kies om die Here te dien, is ’n gesin wat besonderse waardes nastreef. Hulle weet hulle is nie hier om bloot te probeer inpas nie, maar om ’n daadwerklike verskil te probeer maak. Deur René Badenhorst Die wêreld het gesinne met sterk waardes nodig. Daarom is dit belangrik dat elke gelowige gesin […]

Sy geboorte is nie op ’n Kerskaartjie verewig nie. Boney M was nie die hemelse koor nie. Die krip is nie vir Hom ontwerp nie; dit was ’n gewone voerbak waaruit skape gevreet het. Hy was nooit “Liewe Jesus” nie, maar uit die staanspoor Christus die Here. Deur Stephan Joubert “Dit lyk dan nie soos […]

In Maartmaand herdenk ons die Lydenstyd. Dit is ’n tyd vir hertoewyding aan God, van gestrooptheid, en ’n tyd vir stilte. Ons verootmoedig ons voor God, bely opnuut ons sondigheid en rig ons oë op Jesus se kruis. Dan breek Goeie Vrydag aan – vanjaar op 25 Maart. En op die 27ste vier ons Jesus […]

Veiligheid, gesondheid, vreugde, en ’n lewe in oorvloed. Dít is enkele dinge wat ouers hulle kinders gun. Maar wie bid dit van God vir hulle kinders af? Is dit nie wat ouers in die eerste plek veronderstel is om te doen nie? Soms het ’n ma en ’n pa wel ’n bietjie leiding nodig, aanmoediging […]