Jou Geloof

God se prioriteite vir sy koninkryk blyk duidelik uit sy Woord. En wanneer ons, sy koninkrykskinders, daaraan gehoor wil gee, sal ons al hoe minder op ons eie gemak en gerief fokus en eerder daarna streef om ons medemens se belange te dien. DEUR RENÉ BADENHORST “Om te gee, maak ’n mens gelukkiger as om […]

Die nuwe jaar lê voor ons – en daarmee saam opwindende vooruitsigte. Maar daar is ook onsekerhede, selfs vrees. Ouers voel dit alles akuut aan wanneer hulle aan hul kinders dink. Hoe sal dit wees as jy al hierdie gevoelens voor die Here gaan lê? Hier is twaalf gebede vir jou kinders om jou hiermee […]

Vreugde is soms ’n jubeling, soms ’n stille vrede. En dikwels ’n ontwykende droom. Die slim mense sê vreugde is ’n keuse, ten spyte van alles – en hulle is reg, as jy die Bybel ernstig wil opneem. DEUR LIZETTE MURRAY   Bybelse vreugde het vele gesigte. Dit loop in elk geval soos ’n goue […]

DEUR ANNALISE WIID Op ’n dag, toe dit warmer was as kraaie-gaap, het God die engel Gybriejil na ’n maagd op ’n dorp in die Bolandse berge gestuur. Gybriejil het haar nuutste jean aangehad en ’n spierwitte T-shirt. Oor daar nie geld was vir costumes en vlerke nie. Ook nie ’n laken om te “spare” […]

Net mooi 500 jaar gelede het die Christelike kerk ’n radikale vernuwing beleef. Vandeesmaand herdenk miljoene dankbare gelowiges wêreldwyd die Reformasie. Maar hoeveel van ons weet waarvoor om presies dankbaar te wees? DEUR RONELL BEZUIDENHOUT  Iemand het op ’n keer gesê jy moet “agteruit” kan onthou om vorentoe te kan leef. Vandeesmaand is dit vir […]

Ons praat te gou, te maklik. Ons praat voor ons dink. Buitendien gebruik ons heeltemal te gereeld ou woorde en holruggeryde begrippe. Ons tong en ons taal kort ’n dringende bekering, ’n gans nuwe koers. DEUR STEPHAN JOUBERT  “Dit is jou onvervreembare reg om ’n gek van jouself te maak. Niemand sal dié reg ooit […]

Daar is maar sowat 50 van hulle, en ons ken nie eens almal se name nie. Net 11 kry ’n spreekbeurt. Die vroue in die Bybel. Maar in elkeen se verhaal is daar ’n God …   Deur Ronell Bezuidenhout Daar is regtig indrukwekkende vroue in die Bybel – dink nou maar aan Debora die […]

Reeds van kleins af word ons geleer om te bid. Ons leer dat God hoor as ons vra, dat God luister as ons praat. Ons glo dit vas. Maar is daar nie dalk méér aan gebed as dit nie?   Deur Ronell Bezuidenhout   Vroeg-vroeg leer gelowige ouers hul kinders hoe om te bid: Teen […]

Sonder simbole verloor ʼn mens, en veral gelowiges, ’n spesiale soort verwondering. Ons word ontneem van dinge wat ons help onthou dat God goed is en op ’n spesiale manier by ons is. Ja, simbole kan ons lewens oneindig verryk. Deur Ronell Bezuidenhout Almal ken dit: Daardie “iets” wat jou aan “iets anders” laat dink. […]

Onkunde. Mense se onbegrip. Hul doodgewone wreedheid. Dit alles teister jou wanneer jy ’n erg gestremde kind grootmaak. Maar, vertel hierdie ma, ten minste het hierdie kind mý oë oopgemaak … Deur Conette le Roux   Ses jaar gelede is daar ’n merkwaardige seuntjie gebore – Christian Buchanan. Sonder oë. Daar waar sy ogies moes […]