Jou Huwelik

’n Huwelik is soos ’n huis waaraan jy bou. Dit vra harde werk, toewyding, liefde. Dit vra ook keuses wat soms klein lyk, maar wat op die lange duur die verskil tussen ’n stewige struktuur en ’n bouval kan beteken. DEUR RENÉ BADENHORST   Hier volg tien keuses wat ’n groot verskil in jou huwelik […]

Om saam oud te word is geen kuns nie; dít is bloot ’n biologiese gelukskoot. Maar om lank-en-gelukkig getroud te wees … dáár lê die knoop. Want dit val in niemand se skoot nie. Dit vra harde werk en deurlopende sorg.

Die Bybelboek Hooglied skets ’n prentjie van twee mense wat daarin slaag om mekaar se behoefte aan emosionele en seksuele intimiteit wedersyds te bevredig. Soos die Skepper dit bedoel het. Deur René Badenhorst “Gelowige egpare behoort die beste, mees vervullende, mees bevredigende seksuele intimiteit denkbaar te kan hê. Hulle aanbid en dien immers die Skepper […]

Kommunikasieprobleme is van die grootste struikelblokke in ’n huwelik. Gelukkig is dit ook van die maklikstes om te oorkom – dit vra bloot ’n bietjie meer begrip, en ’n klompie basiese vaardighede. En die wil om dit uit te voer. Deur René Badenhorst Goeie begrip tussen twee mense kan met ’n tango vergelyk word, sê […]