Jou Wêreld

Jesus het sy volgelinge 2 000 jaar gelede belowe dat hulle krag van die Heilige Gees sal ontvang, sodat hulle “tot in die uithoeke van die wêreld” sy getuies sal wees. Hoe moet ons vandag daaroor dink? Is daar steeds ’n oes? En hoe lyk dit met die arbeiders? DEUR RENé BADENHORST Toe Jesus van dorpie […]

Moeder Aarde en haar oseane word deur plastiek verswelg. Dit word deesdae gereeld uitgewys. Maar wat kan gewone mense daaraan doen, behalwe om te sug? Hierdie Port Elizabethse ouma en oupa het nie net gaan sit en toekyk hoe Gods besoedelde water oor Gods bemorste aarde vloei nie. DEUR MARISKA SPOORMAKER Dink net: Jy hurk […]

In die jare tagtig van die vorige eeu, toe Suid-Afrika weinig kontak met die buitewêreld gehad het, het ons sonder handelsmerke grootgeword. Die enigste handelsmerk wat vir my destyds saak gemaak het, was ’n Super Springbok-rugbybal. Toe gebeur daar ’n merkwaardige ding wat my kinderlewe op sy kop gedraai het: Nelson Mandela word uit die […]

Gister plaas ’n vriendin, wat ek deur Facebook leer ken het, foto’s op haar tuisblad van die huis waaruit hulle ná 25 jaar trek. Dis die huis waar al drie haar kinders gebore is, skryf sy. Die huis waar haar gesin gevorm is. Waar hulle gelag en gehuil en geleef het. Op een van die […]

Dit was ’n Sondag soos nooit tevore nie: ’n Klompie Jesusvolgelinge ontvang onverwags ’n kuiergas, en hulle herken Hom nie. Hy moet eers hul oë oopmaak – en toe verander die prentjie vir altyd. DEUR STEPHAN JOUBERT Sommige jong mense praat van ’n “pity party”. Dis wanneer jy jouself só jammer kry dat niemand enigiets […]

Goeie vriende verdubbel jou vreugde en halveer jou hartseer. Só lui die ou gesegde. Ja, ’n ware vriend is goud werd, veral tydens die storm-en-drang-tienerjare. En ouers kan hul tienerkind help om betekenisvolle vriendskappe te smee – juis ook dié wat dalk daarmee sukkel. DEUR SUSAN GOOSEN “Mense hoef nie baie navorsing te doen om […]

Daar word baie en dikwels oor “liefde” geskryf, gesing en gepraat. Dis nou die romantiese soort, dit wil sê dié wat die spesiale band tussen twee mense beskryf. DEUR RUDI SWANEPOEL Die vraag is: Voer ons genoeg diepsinnige en verrykende gesprekke oor die veelkantige onderwerp genaamd “liefde”? Die Bybel help ons baie om die verskillende […]

Tatoeëermerke is lankal nie meer die waarmerk van willewragtigs nie. Daar is die ma wat haar kinders se name op haar vel laat aanbring. En geliefdes wat ’n betekenisvolle simbool deel. Vele Christene vertel hul geloofsverhaal op hul lyf. Maar … is dit dan nie sonde nie? DEUR CONETTE LE ROUX Die dae toe tatoeëermerke […]

RESEP DEUR HELEEN MEYER Ons is almal lief vir warm koesterkos, en dié geurige sop is altyd ’n wenner. Dis eintlik ’n volledige maaltyd met vleis en groente, en met die aromatiese geure van tamatie, paprika en gemaalde komyn daarby. Maak dit as ’n heerlike gesinsete, of nooi vriende oor vir ’n gesellige winterkuier. Dit […]

Die sogenaamde “emosionele ooreet” is meer algemeen as wat jy mag dink. Hierdie vergryp het allerlei gevolge, onder meer selfverwyt en dalk selfs depressie. Hoe kan jy verhoed dat dit (weer) gebeur? DEUR ILETTE COETZER Ai, hoekom is dit tog só lekker om jou kieste vol te stop? En vyf minute later voel jy soos […]

  • 1
  • 2