Lees die artikel hier, en gesels dan oor die volgende vrae:

 

  • Getuig oor hoe jy die Here leer ken het. Of vertel van ‘n keer toe jy die geleentheid gehad het om met iemand oor die Here te gesels.
  • Hoe het die wêreld waarin ons leef verander en wat is die impak daarvan op ons verstaan van sendingwerk?
  • Lees Matteus 9:36-38; 28: 19-20; Handelinge 1: 8. Wat het jou in die teks aangespreek, uitgedaag of laat wonder? Hoe voel julle oor die roeping wat hier ter sprake is? Hoe help die belofte in Matteus 28:20 ons?
  • Volgens Handeling 1:8 moet ons getuies wees in Jerusalem (my onmiddellike omgewing), Judea en Samaria (my streek, provinsie, land) en tot die uithoeke van die wêreld. Meeste van ons word geroep om getuies te wees in ons omgewing. Hoe doen julle dit? Wie is die mense na wie julle moet uitreik?
  • In die artikel lees ons “dat ons as God se ambassadeurs sy koninkryk in ons invloedsfeer sal weerspieël.” Dink aan waar jy woon, werk en kuier. Dikwels is dit omgewings wat nie godsdiensvriendelik is nie. Op watter maniere kan ons in sulke omgewings ambassadeurs (lig, sout en suurdeeg) wees sonder om aanstoot te gee?
  • As evangelisasie nie bloot ‘n program of geestelike ervaring is nie, maar ‘n lewenswyse, wat moet verander? Wat moet jy anders doen?

 

Hier is nog selgroepvrae.

Facebooktwitterredditpinterestlinkedinmail