Foto deur Ben White op Unsplash

Lees die artikel hier, en gesels dan oor die volgende vrae:

  • Hoe reageer jy teenoor iemand anders as hy/sy ’n belofte gemaak het en dit nie nakom nie? Is jy iemand wat maklik beloftes maak?
  • In die artikel word twee voorwaardes genoem wat in gedagte gehou moet word by die lees van Bybelse beloftes. Neem gelowiges altyd hierdie “voorwaardes” in ag?
  • Lees Romeine 8:37-39:
    • Die Bybel beloof dat niks ons van God se liefde kan skei nie (vv 38-39). Is dit die belofte wat ons wil hoor? Wil ons nie eerder hoor dat ons nooit sal swaarkry of nooit probleme op aarde sal ervaar nie?
    • Somtyds sal mense sê: “Hoe kan ’n God van liefde mense so laat swaarkry?” Wat is God se liefde volgens vers 39?
    • God praat ook met ons deur tekens (vgl verhaal oor reënboog). Is daar ’n ervaring wat jy met die groep wil deel?
  • In Matteus 28:20 gee die Here vir ons ’n belangrike belofte kort voor sy hemelvaart. Hoe beleef jy hierdie belofte? Gee dit vir jou troos?
Facebooktwitterredditpinterestlinkedinmail