Lees die artikel hier.

• Gee elke groeplid kans om oor een van hierdie vrae te gesels: Wat het jy destyds, toe jy nog ’n kind was, verstaan as jy die woord “hemel” hoor? As jy môre hemel toe gaan, wat sou jy vandag doen? Wat verstaan jy van die uitdrukking “hemel op aarde”?

• Lees Openbaring 4:1-11. Wat maak hierdie teks in jou wakker? Watter beelde roep dit by jou op? Wat leer ons in hierdie teks oor Jesus en sy koninkryk?

• Met Openbaring 4 in gedagte, wat bedoel ons as ons dan bid: “Laat u koninkryk kom; laat u wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel”?

• Lees Matteus 5:13-16. Noem die dinge in die teks wat jou aangespreek of laat wonder het. In die artikel lees ons onder meer: “Tydens ons eie aardse diensbeurt kies ons om die hemel in en rondom ons te laat ‘gebeur’.” Hoe herinner die teksgedeelte ons aan hierdie verantwoordelikheid? Op watter wyse laat Christene die sout verslaan en die lig verdof? Op watter maniere kan ons sout en lig vir die wêreld wees? Hoe kan ek in die komende week God se koninkryk hiér laat kom?

Facebooktwitterredditpinterestlinkedinmail