Lees die artikel hier, en gesels dan oor die volgende vrae in jou selgroep:

  • Watter waardes was belangrik in die huis waarin jy grootgeword het? En hoe het dit jou verder in jou lewe gehelp?
  • Wat is die verskil tussen waardes en reëls?
  • In die artikel lees ons dat dít wie ons is en wat ons gee ons diepste karakter bepaal. Hoe verskil dit van die waardes wat ons in die samelewing raak sien? Wat is die gevolge van die samelewing se waardes?
  • Lees Matteus 5: 3-12. Hierdie is nie voorwaardes om geseënd te wees nie. Dis koninkrykswaardes waarvolgens ons moet leef. Identifiseer die waardes wat Jesus hier vir ons leer? Hoe sal dit prakties lyk wanneer ons hierdie waardes uitleef? Watter van die waardes spreek die hardste tot jou? Hoe vaar jy met die uitleef van hierdie waardes? Wat moet jy anders doen?
  • Gesels oor die nuttige wenke wat in die artikel genoem word. Help mekaar met idees oor hoe om dit uit te leef in jou huis, met jou kinders, jou werksplek ensovoorts.

 

Hier is nog selgroepvrae.

Facebooktwitterredditpinterestlinkedinmail