Meer oor LiG

LiG is ‘n praktiese gesins- en geloofsgids met Christelike inhoud wat verryk en inspireer.

Deur mense se verhale te vertel en praktiese raad te gee wil LiG ouers toerus vir die lewe. Ons wil Christene in ‘n dieper verhouding met God begelei, hulle help om ‘n liefde vir ander te kweek – en om die huppel in elke huishouding sit.

Nou kan jy ook op jou slimfoon, tablet of rekenaar LiG se inspirerende inhoud lees.

LiG het vroeër as Die Voorligter bekend gestaan, en het die eerste keer op 1 Desember 1937 verskyn. Sedertdien het LiG steeds liefde vir God en gesonde gesinsverhoudings as kernwaardes. Maar nou lyk, voel en praat LiG in ritme met die 21ste eeu.