Maak self ‘n Kersfeesboekie vir elke lid van die familie. Kry die ontwerp hier en druk dit op ‘n A3-papier.
Volg dan die maklike stappe om die boekie te vou en te sny – en siedaar! Elke lid van die familie of vriendekring kan deelneem aan die groot Fees!
Hier volg die stappe:

Stap 1 Druk die ontwerp op ’n A3-papier. Vou dit lengtegewys in die helfte. (Die ontwerp moet ondertoe wys.)

Stap 2 Vou dit nou dwarsoor in die helfte.

Stap 3 Blaai die boekie om, en vou dit dan lengtegewys in die helfte.

 

Stap 4 Vou die boekie een maal oop, en kram die blaaie op die vou.

Stap 5 Vou dit weer toe, en knip die rande onder en langs die kant af sodat die bladsye los van mekaar is.

Nou kan jou boekie blaai!

 

Geseënde Christusfees!

Facebooktwitterredditpinterestlinkedinmail