Selgroepe

Alle ouers word op die een of ander tyd in hulle lewe met ’n leë nes gekonfronteer – die kinders is nou groot. Hulle begin werk, gaan universiteit toe, trou. Hou nou gemaak, Ma en Pa? Deur Ilette Coetzer   Dit is nét so … en dan is hulle weg. Uit die bekende blyplek, die […]

’n Gesin wat kies om die Here te dien, is ’n gesin wat besonderse waardes nastreef. Hulle weet hulle is nie hier om bloot te probeer inpas nie, maar om ’n daadwerklike verskil te probeer maak. Deur René Badenhorst Die wêreld het gesinne met sterk waardes nodig. Daarom is dit belangrik dat elke gelowige gesin […]

Het jy geweet dat daar ’n “goue tydperk” in jou kind se lewe is wat deurslaggewend vir sy of haar toekoms is? Ons 1 000 dae-gids help jou om dié tyd op die beste manier te benut. Deur Conette le Roux Wêreldwye navorsing het in die afgelope dekade uitgewys hoe waardevol vroeë kinderontwikkeling is. En […]

Die lys moontlike buitemuurse aktiwiteite vir jou kind is lánk. Hoe kies julle hieruit? Wanneer moet hulle daarmee begin? En hoe gemaak as die aankondiging ná net twee weke kom dat dit eintlik nié so lekker is nie …? Deur Susan Goosen Buitemuurse aktiwiteite help om spesifieke vaardighede by jou kind te ontwikkel; dit verryk […]

Jy is reg vir jou baba se koms. Almal gee raad en jy lees elke denkbare boek – totdat die kleinding opdaag. Eensklaps voel jy asof niemand jou hiérop voorberei het nie. Skielik het al jou vrae uitroeptekens …

Veiligheid, gesondheid, vreugde, en ’n lewe in oorvloed. Dít is enkele dinge wat ouers hulle kinders gun. Maar wie bid dit van God vir hulle kinders af? Is dit nie wat ouers in die eerste plek veronderstel is om te doen nie? Soms het ’n ma en ’n pa wel ’n bietjie leiding nodig, aanmoediging […]

’n Groot persentasie studente wat by universiteite en kolleges inskryf, is voor die einde van hulle eerste jaar sak en pak terug by die huis. Hoekom? En wat is die kanse dat dit ook met jou kind gaan gebeur? Deur Susan Goosen Die hoë uitvalsyfer by eerstejaars is inderdaad ’n groot probleem,” sê Andri Burger, […]