Amanda van der Westhuizen

My werk behels

Ek is die Bemarkingsbestuurder vir LiG Tydskrif en Bybel-Media. Ek sien myself as ‘n ambassadeur vir LiG en sal alles in my vermoë doen om te verseker dat LiG in elke huishouding is… waar dit behoort.

Meer oor Amanda

Ek is getroud met ‘n wonderlike man, Clinton en het twee pragtige kinders, Sheria en Khyro. Ons woon in Durbanville en hou daarvan om saam te ontspan, te lag en ander mense wat minder as ons het, te bederf.

Gunsteling gesegde

“As jy op jou knieë bly, is dit onmoontlik vir jou voete om te gly!”