Francine Prins

My werk behels

As redakteur bestuur ek al die mense en prosesse wat saamwerk sodat ons lesers elke maand ‘n LiG in die hand kan hou. LiG se redaksie en medewerkers dink elke maand oor watter stories, foto’s en verhale ons gaan publiseer. Ek het dan die voorreg om te sien hoe dit alles bymekaarkom om ‘n tydskrif te skep wat verryk en inspireer.

Meer oor Francine

My hart vind rus in God se liefde en die feit dat ek sy kind mag wees. Ek kry groot genoegdoening as ek mense kan bemoedig of onderrig. My siel vind vreugde in bome en boeke en berge. En wanneer ek buite is (verkieslik op ‘n fiets of in ‘n tent) of iewers op ‘n nuwe plek beland, voel ek dat die lewe ‘n lied is.

Gunsteling gesegde

 

Gunsteling teksvers