Jeanne Human

My werk behels

Ek werk al meer as 10 jaar in LiG se intekenare-kantoor, en dit is vir my ‘n vreugde om met ons lesers te gesels. Ek sorg dat intekenare hul LiG elke maand ontvang, en hanteer die navrae en sorg dat intekenare betyds herinner word om hul intekening te hernu.

Meer oor Jeanne

Ek hou baie van die buitelug en van kamp. Ek is op my gelukkigste agter my kamera om ‘n mooi veldtoneel of ‘n wilde dier op skerm vas te vang.

Gunsteling teksvers

“U leer my hoe om te lewe. By U is daar oorvloedige blydskap. Uit u hand kom net wat mooi is.” – Ps 16:11