Viona Ross

My werk behels

Ek verleen hulp aan Jeanne Human met LIG en Kerkbode intekeninge (Nuut en Hernuwings). Hantering van alle gemeentebestellings en ook die skakelbord.

Meer oor Viona

Ek is ten alle tye net myself. Ek is ‘n vriendelike, bedagsame, geduldige, opregte en hardwerkende persoon. Ek behandel enige persoon met respek en waardigheid. As ek iets vir iemand doen, verwag niks terug nie, solank die persoon dit net waardeer. Ek is mal oor die buite/natuurlewe. Ek hou van diere en ek is lief vir kinders.

Gunsteling teksvers

Vertrou op die HERE met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie. (Spreuke 3:5)