Toer saam met LiG

LiG se onvergeetlike pelgrimsreise na Israel vind eersdaags plaas. Kies die toer wat jou smaak en sak die beste pas. Elke toer word spesiaal gemaak deur ‘n ervare toerleier, musiek en Woorduitleg. LiG se toer is beproef en geskoei op 16 jaar se toerervaring.

2017-toere

 

Sakpastoer

11-18 Sept 2017

Toerprys: R27 920 ($1=R13,50)

Besoek al die hoogtepunte van Israel op ‘n korter, meer bekostigbare toer. Besoek LiG Sakpastoer 2016 op Facebook om foto’s van ons 2016-toer te sien.

 

Van die hoogtepunte op ons toere is:

  • ’n Christengids wat ’n besoek aan hierdie Bybelse land ’n dieper geestelilke ervaring maak. • ’n Onvergeetlike besoek aan Jerusalem se Ou Stad, die Klaagmuur, Via Dolorosa, ­Tempelberg. Ons besoek ook die bo-­vertrek waar die Heilige Gees uitgestort is, die Olyfberg, Golgota, Getsemane en Kajafas se huis, waar Jesus aangehou is. • Ons gaan maak ’n draai in Betlehem, Nasaret, Kana, Karmel, die Jordaanrivier, Qumran, Masada*, Jerigo, Lasarus se graf*, Seserea, Magdala, Kapernaum, die Dooie See en die See van Galilea. • Ons bly in goeie hotelle en het ’n beproefde program. • Twee etes per dag, fooitjies, versekering tot 69 jaar, en alle vlugte vanaf Johannesburg. (*Uitgesluit by Sakpastoer.)

 

‘n Reis in die voetspore van Jesus

Om Israel te kan besoek is vir baie Christene soos ’n droom wat waar geword het.

Plekke waarvan jy in die Bybel gelees het – dalk so lank terug soos jou Kinderbybel-dae – gaan jou nou omring: Dit is hiér waar Matteus 5 se beroemde bergpreek gelewer is; en hier het Jesus die brood vermeerder. Hier het Hy op die water geloop; daar onder sy kruis gesteier …

In Mei 2016 bied LiG aan lesers, oud en jonk, die geleentheid om hierdie land te besoek – soos dit die afgelope 15 jaar reeds elke jaar gebeur.

Ons gaan weer van die belang­rikste Bybelse plekke besoek: Van Betlehem in die suide, waar God se liefde letterlik vir ons grondgevat het toe Jesus gebore is, tot by die See van Galilea in die noorde, waar Hy sy dissipels geroep het en waar Hy talle wonderwerke in die omliggende dorpies gedoen het.

Natuurlik kom Jerusalem ook aan die beurt, en Golgota waar Jesus die hoogste prys vir ons verlossing betaal het.

Dit alles maak Israel vir gelowiges baie meer as net nóg ’n toeristebestemming. Dit is ook ’n pelgrimstog wat jou geloof in God en jou verhouding met Hom sal verdiep.

Nou gaan jy jou Bybel ook ánders begin lees. Nasaret, Kana, Jerigo, Kapernaum, die Jordaanrivier, die Olyfberg – en natuurlik die See van Galilea en Betlehem en Jerusalem – gaan deel word van jou lewensreis.

Ja, jy kan en gaan die Goddelike teenwoordigheid ook hier beleef. Dalk soos nog nooit tevore nie …

 

Vir meer besonderhede kan Marius Greeff by greeffm@iafrica.com gekontak word, of by 082 936 3462 of 028 254 9602.

Inskrywings en deposito’s kan nou reeds gestuur word. ’n Beperkte aantal plekke is beskikbaar.