Vrede is ’n lewenslange les wat ons by Jesus kan leer
In LiG se Kersfees-uitgawe gaan soek ons vrede, en vind dit by Jesus, die Prins van vrede. Ons gesels ook met Leah, Franja en Caroline-Grace oor hoe hulle vrede vind na ’n jaar soos 2020.
Ons wys hoe jy 2021 jou hersteljaar kan maak, en leer dat vrede ’n lewenslange les is wat ons by Jesus kan leer.
Lees hoeveel voordeel dit vir jou kind inhou om te beweeg – dit help selfs met stres en konsentrasie! Ons gee ook raad vir wanneer jou kinders baklei.
Kom klink ’n glasie jogurt, en sien watter voordele dit vir jou gesondheid inhou. Daar is ook ‘n koekresep met drie idees – perfek vir Kersfees!
Lees die verhale van gewone mense:
- In die kop geskiet, en oorleef – “Ek kon my aanvaller vergeef”
- “Ek lééf – ten spyte van my angsversteuring”
Volg ons op Facebook en Instagram by @ligtydskrif.