Leef ligter!
In LiG se eerste kwartaallikse uitgawe gaan kuier ons by Minki, en word geïnspireer om lig te dra aan die lewe. Ons maak ook ‘n draai by ‘n oud-gevangene wat nou die vryheid wat Jesus gee, verkondig. Ons word geïnspireer deur ‘n dame wat haar droom om ‘n teewinkel oop te maak, bewaarheid het.
Stephan Joubert help ons om te besef dat die kruis geen romantiese gebeurtenis was nie – Jesus het waarlik alles geoffer. Ons lees ook hoe ander kerke en kulture Paasfees vier.
Vir gesinne is daar praktiese planne om saam huisgodsdiens te hou, en ons vra kundiges hoe jy jou kind selfdissipline kan leer – dit is die hoeksteen van ‘n vervulde lewe.
Kom kook saam met Heleen Meyer watertand-geregte met blikkies tamaties. En kry oulike idees (en stap-vir-stap-aanwysings) vir ‘n hang-rakkie en gehekelde pantoffels.
Volg ons op Facebook en Instagram by @ligtydskrif.