Aanlyn boek ‘laat jou nuut dink oor lewe, swaarkry, die Here’

25 Maart 2021


“Hierdie boek laat ’n mens nuut dink oor die lewe, oor swaarkry, oor die Here.”

Só het LiG-leser Melodie Veldhuizen haar ervaring van LiG se eerste aanlyn boek opgesom.

Ek wil nie dié kaarte hê nie is vroeër vandeesmaand in vier aflewerings met lesers op www.lig.co.za gedeel.

Die skrywer, ds Roelf Opperman, het die boek aanvanklik geskryf om sin te maak van alles nadat sy dogter Claudi le Roux in ’n fratsongeluk gesterf het. Dié boek gaan egter oor baie meer as die dood van ’n kind. Dit gaan oor veerkragtigheid, en om trauma te verwerk. Dit gaan oor heelword ná trauma, en oor hoe jy ander in hulle trauma kan bystaan, verduidelik Roelf.

LiG-lesers het hulle dankbaarheid uitgespreek, veral oor Roelf se “dapperheid” om so ’n “persoonlike reis van verlang en onthou” met ander te deel.

Carin de Jager meen die boek gaan “ander help om hulle pyn te verwerk”. Sy skryf verder: “… ek kan my nie eers probeer indink deur watter verskriklike tyd julle gegaan het, en sekerlik steeds gaan nie. Dankie dat jy dit met ons deel, Roelf.”

Adri Hough sê die verlange na ’n geliefde wat gesterf het lê “vir ons almal voor”. “Dankie vir die deel van die pad wat julle moet stap. Om te lees van ander mense, wat met die Here se krag daarmee cope en oopmaak oor hulle seer, maak die angs dalk bietjie ligter. Mag julle sy genade elke dag in oorvloed ervaar.”

Klik op die skakels hieronder en lees saam:

Deel 1: Hoe om te oorleef sonder om te verstaan

Deel 2: ‘Daar is min dinge so seer soos rou’

Deel 3: ‘Hoekom het God nie die stuk staal gekeer nie?’

Deel 4: Dít het my gehelp om te oorleef

Facebooktwitterredditpinterestlinkedinmail

- Advertensie -spot_img
LEES OOK ....

‘As surrogaatma wys ek níks is vir God onmoontlik nie’

DEUR CONETTE LE ROUX “Ek is dankbaar vir die ouers wat mý gekies het om die surrogaatma vir hulle baba...

SOORTGELYKE STORIES

- Advertisement -spot_img