All posts by: Conette le Roux

About Conette le Roux

DEUR LIANA KOTZE Verlede week kry ek ’n foto  (sien onder) van die plaas af. Die voëlnes het die windpomp tot ’n val gebring. Eerste gedagte was, dis droogte en nou val die windpomp ook nog. My gedagtes gaan op die tweespoorpad om te bepaal waar die windpomp gestaan het in die veld. Ek dink […]

DEUR CARLENE VENTER Dag 1 van afsondering. Maar dit voel eintlik soos ’n week. Ons bly tuis vir onsself, vir talle Suid-Afrikaanse gesinne en vir gesondheidswerkers wat elke dag met hierdie virus te doen kry. My man is een van hulle.’n Mediese dokter tans besig met sy ortopediese spesialisopleiding by Groote Schuur-hospitaal. Hy werk nie […]

Deur Heli Mulder In die begin van 2017 tree ek af na 45 jaar in die onderwys. Ek is gesond en vol lewe. Ek gaan los nog af by skole. Gedurende die laaste drie maande van 2017 kry ek ’n erge pyn in my regterheup. Na vele besoeke aan ’n dokter, fisioterapeut, chiropraktisyn, homeopaat laat […]

Deur Charmaine Neves Op 9 Januarie 2019 swel my mond verskriklik op en ek vermoed ’n abses in my tand. Ek bel die tandarts vir ’n voorskrif vir antibiotika. Die volgende dag, toe ek die antibiotika wil drink, kry ek nie die tablette gesluk nie. Ek sukkel om asem te kry en my man Anthony […]

Deur Anneri Naude “Ons kom kuier, want jou pa sê hy verlang!” kom die boodskap van my ma deur op my foon. Ek glimlag, want dis altyd lekker as hulle kom kuier. Ons sien mekaar gereeld, ons is ’n baie hegte gesin. Ons het heerlik saamgekuier en mekaar die volgende oggend, 14 Februarie 2019, gegroet. […]

Deur Anieka Janse van Rensburg ’n Jaar terug het ek my eerste werkskontrak geteken. Ek moes eweskielik van vry en kommerlose student na die werkersklas omskakel. Die besef dat ek ’n salaris gaan verdien was lekker, dis mos my eie geld, so ék kan besluit wat om daarmee te doen. Ek het ook besluit ek […]