All posts by: Jacobie M Helena

About Jacobie M Helena

DEUR LIZETTE VAN NIEKERK Grendeltyd. Wat ‘n vreemde gedagte nie? Alles is so onbekend. So vreemd. Die week voor die inperking was hier in Ladysmith KwaZulu-Natal ‘n taxi-staking en talle mense was gestrand sonder vervoer. Hulle kon nie by die werk kom nie en die winkels het hul deure gesluit, want almal was bang vir […]

DEUR MARIANNE COLLEN My seun is `n inwoner van Sunfield Wellington. Sunflield is ʼn versorgingsentrum vir verstandelike gestremde volwassenes. Hy is by my vir hierdie inperkingstyd. Ons dag begin met heen en weer stap in die beperkte ruimte by die veiligheidsoord waar ek woon. Elke dag probeer ons een lengte meer stap. Hy hekel en […]

DEUR H KROEP   Alet haal die laaste lakens van die bed af. Nog net hierdie bondel was dan is die orde weer herstel, praat sy sommer met haarself. Sy het die kinders se kuiertjie so geniet. Ag, hier lê klein Willie se een skoentjie nog onder die bed. Sy hoop nie hy gaan dit […]

Die skooltjie is toe. Die winkel, die parkie, pappa en mamma se werk en die kerk is ook toe. En ons kan nie by maatjies of by oupa en ouma gaan kuier nie. Die wêreld lyk skielik baie anders vir kleuters, dikwels, sonder enige verduideliking. Want hoe verduidelik jy die redes vir inperking vir kleuters […]

Die 21 dae van inperking veroorsaak dat baie huishoudings ’n prutpot van emosies is – ’n uitbarsting wat oёnskynlik net wag om te gebeur. Hoe moet gesinne hierdie konflik hanteer? DEUR SUSAN GOOSEN NASA-ruimtevaarders en bemannings van duikbote ondergaan intensiewe opleiding om hulle voor te berei vir die afsondering en gevoel van inperking wat tydens […]

DEUR JACOBIE M HELENA “Ons het entrepreneurs geword! Dis ʼn wow en dit voel net lekker.” Só vertel Gerda Oberholzer opgewonde uit haar kombuis op die plaas, Doornkuil, oor die Boerse lekker-koekieprojek waarmee die boervroue in die droogtegeteisterde Britstown ʼn inkomste verdien. Dié groep van negentien vroue het hande met die geregistreerde nie-winsgewende organisasie, Caring […]

DEUR GERDA-MARIE VAN ONSELEN Ons dogtertjie, Hannah, is met bilaterale kollobome gebore. ‘n Kolloboom (in engels coloboma) is ‘n tipe defek wat in jou oë voorkom. Dit beteken basies dat Hannah se ogies nie behoorlik ontwikkel tydens die swangerskap ontwikkel het nie en dat sy gapings in die weefsel van haar ogies het. Dit is […]

DEUR RIA SAUNDERS ʼn Gawe, ouerige Indiese man kom haal my 04:00 met sy mini cab in Londen. Ek moet 05:00 op Heathrow-lughawe vir my vlug na Israel wees. Ons gesels lekker en ek vertel hom van my vrese om alleen vir ag dae Jerusalem toe te gaan. Toe ek hom groet sê hy: “You […]

  • 1
  • 2