Jou geloof

Die koronavirus jaag ons behoorlik, en dit maak ons siende blind en horende doof vir goeie nuus. Dit maak dat ons, soos Elia, woestyn toe vlug en onder ’n besembos gaan lê en op die einde wag. Maar dan daag die hemelse trooskos op. Sien ons dit raak? DEUR STEPHAN JOUBERT Pandemies is groeigrond vir […]

Deur René Badenhorst “Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid.” – Hebreërs 13:8 Daar is min ervarings wat vir my so verrykend is soos om te reis! Dit kielie my lekkerkry-snare om te sien hoe God mense gemaak het om verskillend te lyk en hoe kulture oor die jare ontwikkel het […]

DEUR SUSAN GOOSEN Doen slegs een ding op ’n slag. Eet rustig. Drink koffie. Geniet jou warm bad. Moenie probeer om verskeie take gelyktydig af te handel nie. Doen jou take stadiger, maak seker dat jy elkeen behoorlik afhandel. Dit verbeter jou fokus en verminder jou stres. Sorg dat daar verposings tussen aktiwiteite is. Sorg […]

Deur René Badenhorst “’n Mens leef nie net van brood nie maar van elke woord wat uit die mond van God kom.” Matteus 4:4 Op ’n gebedsreis na ’n land waar Christene vervolg word, ’n klompie jare gelede, het die idee van volkome afhanklikheid van God vir my nuwe betekenis gekry. Hierdie groep gelowiges, insluitend […]

Die afgelope jaar het sy merk gelaat – en hoe! Ons wou dikwels vir mekaar sê: “Ek het genoeg gehad …” Hoe nou gemaak, hier by die begin van ’n nuwe jaar? DEUR SUSAN GOOSEN Baie mense smag na herstel. Hulle hunker na die tyd voordat Covid-19 ons bestaande wêreld en leefwyse op sy kop […]

Covid-19 het ons minstens een belangrike les geleer: Die lewe is kosbaar; niks is vanselfsprekend nie. Ons is gedwing om eenvoudiger te lewe. Om weg te beweeg van selfbeheptheid en ’n behoefte aan besittings. Om nader aan mense te kom. Maar is dit volhoubaar? DEUR TREVOR HUDSON Ek geniet dit om “Masterchef Australia” op TV […]

Deur Milanie Vosloo Geskenke kan ’n wonderlike bederf wees. Of om baie redes in ’n vergeet-kas beland. Kom ons kies om vanjaar iets anders as toegedraaide papierpakkies te gee: vir-altyd-geskenke wat lewensveranderend en verrykend kan wees. Dink dalk aan die volgende: Vir wie kan jy in dié tyd vergifnis gee? Kan jy dink wat dit […]

Dr Lizann Victor en ander “Daisies” gebruik hulle gawes om ander te dien. DEUR JACOBIE M HELENA “As die Here jou roep, moet jy nie ongeduldig raak nie.” Só verduidelik dr Lizann Victor, algemene chirurg by die Karl Bremer-staatshospitaal in Bellville, oor hoe die Here haar geroep het om die Daisy-projek, ’n organisasie sonder wins­bejag, saam met haar […]