Jou Wêreld

04May 2020

Voel jy ook soms jy mis iets wanneer iemand anders se geloofslewe vir jou lyk asof dit net met lig en voorspoed gevul is? DEUR LISEL JOUBERT Van kleins af word ons op verskillende maniere geleer dat lig beter is as donker: As die son sak, gaan die ligte aan. As ek bang is vir […]

23Apr 2020
Man wat langs boom staan

“Wees stil en weet Ek is God!” – Psalm 46:11  DEUR SUSAN COETZER Die lewe is besiger as ooit. Die trapmeul waarop ons elke dag as verantwoordelike landsburgers klim, beweeg al vinniger. Dit vra al meer van ons om by te hou – om al die spreekwoordelike balle in die lug te hou. Ons moet afsprake nakom, sperdatums haal, rekeninge betaal en met familie en vriende connect. Ons moet oorleef.   Daar is elke dag al meer roepstemme wat om jou aandag meeding – stemme in jou brein, hart en gedagtes wat jy nie afgeskakel kry nie. Dan is daar ook nog tegnologie – Facebook, e-posse, WhatsAppboodskappe wat soos bondels wasgoed net nooit einde kry nie.  Mense staan in rye by apteke op soek na tonikums of bruistablette om hulle energie te boost. Mense gaan al meer dokter toe met siektes wat met uitbranding verband hou. Meer mense besoek sielkundiges, terapeute of spa’s in die hoop dat hulle hulle lewenslus sal kan herwin.  Ek het egter ’n gratis bruistablet ontdek wat my energie aanvul vir al die uitdagings op my lewensbord: stilte. As deel van my lewensberoep reis ek die land vol en tree gereeld as spreker op. Dit tap my energie. Ek het gevind as ek nie genoeg tyd in stilte deurbring nie, ek geïrriteerd  en sonder sprankel raak.  In stilte by die Here herlaai ek my mensbattery en kry ek ware en diep rus vir my liggaam, gees, denke en emosies. Dit is ook in hierdie stilte dat die Here […]

09Apr 2020
Dogtertjie wat agter haar hande skuil

Die COVID-19-pandemie het die kollig op ’n ander gruwel laat val: gesinsgeweld. Vir diegene wat hieraan blootgestel word, bring die inperkingstyd nuwe vrese en uitdagings. DEUR SUSAN GOOSEN Sedert die begin van die inperkingstyd is daar ’n skerp toename in die gevalle van gesinsgeweld wat in Suid-Afrika aangemeld word. Marise Swart, kliniese sielkundige in Pretoria, […]

30Mar 2020

Die uitbreek van die gevreesde Koronavirus wêreldwyd maak duisende mense vreesbevange, depressief en magteloos. Daar is mense wat paranoïes, neuroties of paniekerig raak. Isolasie, inperking en fopnuus vererger boonop angs en depressie. Op die ou einde ontlok alles’n pandemie van vrees uit. Wat kan jy en jou geliefdes doen om hierdie angs en depressie in […]

30Mar 2020
Seun wat Jenga speel

Moenie dat jou negatiewe gedagtes en fopnuus jou op hol jaag nie, probeer rustig bly. Sorg dat jy jou inligting van betroubare bronne kry. Doen wat jy kan en wat binne jou vermoë is. Met ander woorde control the controllable. DEUR MARTJIE ROOS “Onthou, jy kan nog steeds voluit leef! Maar moenie onverskillig wees of […]

10Mar 2020

Wanneer jy ná jare se getroude lewe van jou man skei, verloor jy nie net ’n maat nie. Dikwels verloor jy ook ’n klompie vriendinne. Hoekom is dit so? En wat kan jy doen om boonop dié verlies te hanteer? DEUR ILETTE COETZER Elzanne* is ná ’n huwelik van ses jaar van Dirk* geskei. Dit […]

14Feb 2020

Hoekom ‘n slentersak koop as jy vir jouself een kan hekel in jou gunsteling kleur?  Volg ons stap-vir-stap-patroon en spog met jou eie handewerk. DEUR LIZA JOUBERT BENODIGHEDE  200 g katoendraad DK (in kleure van jou keuse; ons gebruik Vinnis Nikkim Dunes) 4 mm hekelpen ‘n groot naald AFKORTINGS: RK Regte kant ▪ VK Verkeerde […]