Redakteursbrief

Net voor ek destyds universiteit toe is, het ek besluit om vir my ’n lappiesdeken te maak uit die baie oorskietlap wat in my ma se werkkamer rondgelê het. Toe, tydens die Desembervakansie, net voordat ek die grootmenswêreld van studentwees betree het, het ek die lappies begin uitsoek. Opgewonde, maar tog ook met so ’n […]

Die man wat voor ons staan moet ongeveer 30 jaar lank reeds ’n predikant wees. Ek het dit vinnig uitgereken toe hy so halfpad deur sy preek was. Dit is nie iets wat ek gewoonlik doen as ek na ’n prediker luister nie. Maar hierdie keer was daar iets wat my van dié man opgeval […]

Ek was ’n kind toe ek dit die eerste keer gehoor het. In ’n swembad, toe ek my kop onder die water gedruk het. Die stilte. Dit het my mateloos gefassineer. As ek my kop weer boontoe gedruk het, bo die water se oppervlak, het die skerp klanke van my maats se gejil in my […]

Daar word beweer dat die moderne mens ongeveer 35 000 besluite per dag neem. Dit is glo een van die redes waarom die suksesvolle Mark Zuckerberg van Facebook elke dag dieselfde soort uitrusting dra. Ook wyle Steve Jobs, Apple-ikoon, het elke dag op dieselfde manier as die vorige dag aangetrek. Dit, het hulle gesê, verminder […]

Toe ek nog op skool was, het ek een aand saam met ’n groep maats op my ouerhuis se grasperk gelê en sterre kyk. Ons het die verste hoek in die tuin gekies waar dit goed donker was. My broer het op sy kitaar begin tokkel terwyl ons ander probeer kyk het hoeveel verskietende sterre […]