DEUR THERESA HUMAN

Die is die 32ste dag van die lockdown. Nooit gedink ek sal beleef hoe die wêreld daarbuite tot stilstand gekom het nie. Soveel het verander en almal glo niks sal ooit weer dieselfde wees nie.

Vandag sit ek en is vasgevang in die oomblik van alleenwees in my hart en siel. Glad nie ’n alleenplek nie. Dit is stil maar daar is tog baie vrede. Al is alles so onseker. Net ek en die Here. So ’n alleentydjie wanneer ek stilsit en weet daar is nie iets om te doen nie, en tog voel dit of Hy dit so wil hê – ’n blessing en so beplan.

Theresa Human getuienis

“So ’n alleentydjie wanneer ek stilsit en weet daar is nie iets om te doen nie, en tog voel dit of Hy dit so wil hê – ’n blessing en so beplan,” skryf Theresa oor grendeltyd. Foto verskaf

Ek wonder wat in elkeen se hartskamer aangaan. By wie vind elkeen sy vrede en rus? Daardie rus waar dit so stil word en tog weet jy, jy is nie alleen nie.

Sien, hierdie maand het vir my soveel mooi herinneringe en ook herinneringe wat seermaak, maar nie moedeloos  maak nie. Ek sit en besef hoe ver ek al gekom het saam die Here.


Lees nog getuienisse hier.


Ek dink waaraan gee jy jou lewe oor. Die hele tyd word ek herinner om nie die dinge van die wêreld te bedink nie, maar te bedink wat in die hemel is. En ek besef hoe tydelik alles is. En dit maak sin waar die Woord sê moenie bymekaarmaak wat mot en roes verniel en wat diewe kan steel en vernietig nie.

Wie van ons sal gee omdat jy weet dit is wat God van jou verwag en dan ook so gee dat jy nooit dit sal onthou nie? Ai, alles so tydelik. Ons het net nou. Nie eers die volgende sekonde is seker nie. En ek dink by myself as ek geld het kan ek die lewe leef wat ek nog altyd van gedroom het. Maar is dit hemels? En as ek nie die geld het nie en ek leef net ’n normale lewe … Is dit hemels? Nee, want dan sal ek begeer wat vleeslik is. Ja, geestelik is waar ons moet uitkom. Daar waar jy in jou geesmens op God se skoot kan gaan sit. En weet jy is nie volmaak nie maar Hy is jou geregtigheid. Jy hoef nie te probeer nie.

Geld, prestasies, aansien of enige hoë posisie gaan jou nie eerste by die hemelpoorte laat ingaan nie. Maar die hart is wat saakmaak. En al wie die hart ken is God. En tog is dit so maklik en vinnig om sonder skroom te oordeel.

Ons is almal in ons eie lockdown van ons gewete, hart en siel. En tog kry mense dit reg om weg te kom sonder om uitgevang te word met jou eie gedagtes. Maar weet jy dit is ’n baie alleen plek om te wees? Sonder iemand wat regtig weet wat gaan agter jou gevoelens aan.

Daar is soveel mense met minder as ek. Ons maak vinnig ’n verskoning hoekom ons iets doen en hoekom nie. En ek wonder of die Here ook baie keer ’n verskoning soek. Nee, Hy doen onvoorwaarlik en ongevraagd.

Ek het die voorreg gehad om deur die Gees soveel te sien. Soveel verskillende persoonlikhede. Die siele wat glo en tog so wêreld-gesentreerd is. En dan die siele wat glo hulle het alles wat hulle wil hê en tog nog soveel meer soek. Dan die siele wat altyd ’n ligsinnige grappie soek om ‘n geselskap aan die gang te hou. Maar tog is so ’n persoon so leeg en nie eg nie. En dan is daar die mense wat regtig niks het nie maar okay is daarmee. En ek besef net weer ons almal is in ons eie lockdown van ons harte toegesluit.

Alles word stil, maar sal die mense besef dat hierdie stilte eintlik God se “dwelling”-plek is in hulle besige gedagtes?

Lees ook: Lockdown: Van jaag en oorleef na rus en leef

 

 

Facebooktwitterredditpinterestlinkedinmail