‘Ek kon my sussie se moordernaars vergewe’

Deur Magda Nel

Op 28 September 2018, 12 dae na my sussie se 45ste verjaarsdag het sy die fout gemaak om op die N1 in Kaapstad onder ’n brug by Canal Walk te stop. Sy het vir haar mede-bikervriendin gewag om te doen wat hul so graag doen – om ander mense gelukkig te gaan maak. Sy het haar eie motorfietsklub “Biker’s with a cause” gehad.

My sussie, Zelda Van Niekerk, is onder die brug deur drie onbekende mans onder die inlvoed van dwelms aangeval. Sy het hulle al drie probeer af veg, en met haar ander hand ’n motor op die besige snelweg probeer stop. Maar niemand het kans gesien om te stop nie. Intussen het die mans nog steeds hard gesukkel om haar te roof tot die een ’n onwettige vuurwapen uitgepluk het met die hoop dat sy sal skrik. Sy het nie en toe het die man die sneller getrek. Die eerste koeël is deur haar bors, maar een van die koeëls het haar in haar maag getref en dit het Zell se lewe gekos.

My 7-jarige dogtertjie se begrip van vergifnis is: “Liefde”. Dis presies wat ek vir my sussie se moordenaars gevoel het, na my “afspraak” met God, vertel Magda Nel in haar getuienis. Foto verskaf

Ek is Magda Nel, die kleinsus van Zelda Van Niekerk. Sy was presies 10 jaar ouer as ek. Dit was en is nog ’n baie groot skok maar met genade van bo is al drie mans gevang. Intussen het ek Gauteng toe getrek om nader aan my ma te wees want Zell se dood het soveel dinge in my lewe verander. Ek moes my motor verkoop om haar tot ruste te laat lê, my huwelik het agteruitgegaan en my kinders het hieronder gelei.

Zelda van Niekerk wat deur drie mans onder ’n brug by Canal Walk, Kaapstad vermoor is. Foto verskaf

In Gauteng het ek betrokke geraak by ’n plaaslike kerk. Ek was uitgedaag om ’n dogterstafel te vat by ’n vrouedag-funksie wat ons kerk aangebied het. Almal kon ’n item lewer indien hulle wou. Die girls by my tafel het besluit om ’n dansie te doen. Ons funksie het die Saterdag plaasgevind en die meisies aan my tafel het fantasties gedans. ’n Dame wat vrouekampe aanbied het hulle raakgesien en gevra of ek saam met hulle by ’n kamp sal gaan optree.

Die Sondag van die kamp moes ek eintlik Kaap toe vlieg om as karakter-getuie te gaan getuig vir my sussie. Maar soos die wil van God was wou hy my op die kamp gehad het. Want, dit was eintlik nie die meisies wat ’n afspraak met God gehad het nie, maar Hy het hulle gebruik om my daar te kry vir my afspraak met Hom.

LEES OOK: ‘Elke dag is nog ’n stukkie van my liggaam weg’

By die lughawe het hulle my meegedeel dat my kaartjie wys ek vlieg eers die Maandagoggend en toe kon ek na die kamp gaan.  Al die lof en eer aan ons Abba. My ontmoeting met God daardie naweek het vir my krag gegee om die Woensdag in die hof te staan. Dit was die eerste keer dat ek die mans wat my lewe onderstebo gegooi het in die oë gekyk het. Ek kon met liefde en vergifnis in my oë vir hulle kyk. My 7-jarige dogtertjie was saam op die kamp en iemand het haar daar gevra wat is vergifnis. Haar antwoord was: “Liefde”. Dis presies wat ek vir hulle gevoel het. Ek kon vir hulle sê ek vergewe hulle met alle eerlikheid, sagmoedigheid en liefde. En ek kon daar wegstap met ’n nuwe gees in my. Op 6 Februarie 2020 is hulle gevonnis en swaar gestraf. Maar ek glo God is in beheer.

Die verlange na my sussie en die seer sal altyd daar wees. Maar die vergifnis vir die mans het my vrygemaak en ek loof ons Abba daarvoor!Facebooktwitterredditpinterestlinkedinmail

- Advertensie -spot_img
LEES OOK ....

‘As surrogaatma wys ek níks is vir God onmoontlik nie’

DEUR CONETTE LE ROUX “Ek is dankbaar vir die ouers wat mý gekies het om die surrogaatma vir hulle baba...

SOORTGELYKE STORIES

- Advertisement -spot_img