’n Gedig aan my ongebore baba

My liefste ongebore Babalyfie

In April sou jy gebore word

Maar Mamma se verkeerde keuse het jou lewe eensklaps verkort

Ek sien ander babatjies en wens dit was jy

En wonder hoekom was ek nie braaf genoeg om jou groot te maak vir my

Ek verstaan nie hoe ek só verkeerd kon kies

En nou is jy vir my so ’n groot verlies

Geen eerste tree

Of een happie kos wat ek vir jou kon gee

Ek wonder dikwels hoe jy sou lyk

Na wie jy sou aard en hoe jou fototjies in fotoraampies sou pryk

Sou jy saam met Mamma wou sing?

Of saam met jou Pappa op ‘n bike wou spring?

Hierdie aanvaar is vir Mamma baie seer

En seker die grootste les

wat ek in my hele lewe kon leer

Op daardie stadium het ek met my hele hart geglo ek en jou Pappa was lief vir mekaar

Maar dit was nie waar …

Hy was nie my man

En wat gebeur het was nie in Abba Vader se plan …

Ek sal jou my lewe lank onthou en mis

Niks op aarde sal hierdie “memory” kan uitwis

Dankie vir ses wekies, vyf dae wat ek jou wel kon dra

En vir daai paar daggies wat ek kon sê ek was jou Ma

Mag ek dit regkry om myself eendag te vergewe

Dat ek jou nie die kans gegun het om te lewe

Vrou wat skryf
Foto: Unsplash

Ek sal nooit weet of jy van pienk of blou sou hou

Daarom los ek vandag nege wit ballonne vir jou

Ek weet Mamma was genadeloos wreed

Maar vir jou sal ek nooit ooit kan vergeet …

Alhoewel ek weet, bid en vertrou

dat hierdie hartseer minder sal word en selfs op sal hou

Weet net ek sal dit altyd berou

Dat ek jou nooit vas kon hou …

Vir nou dra ek jou styf teen my hart

En probeer “deal” met verlies en smart

Die litteken sal altyd bly

Al gaan die seer verby …

Lief jou my klein “Peanut”-prentjie

In jou hartklop was daar ’n verskil

Jy’t Mamma se oë oopgemaak om die lewe te sien deur ’n nuwe bril.

’n Bril wat nooit meer sal “judge” of verwyt want ek ken die eindelose seer van spyt …

Lief jou eindeloos

Mamma

  • Bostaande gedig is van ’n LiG-leser wat verkies om anoniem te bly. Sy sê dit was tot dusver ’n “stukkende pad van spyt en verwyt, maar ook ’n pad wat lei na vergifnis”. Haar wens is dat dit vir iemand wat daarmee kan identifiseer, troos sal bring.

 


Lees meer:

God het my in my grootste storm kom vind

My blinde seuntjie, my bril van hoop


 Facebooktwitterredditpinterestlinkedinmail

- Advertensie -spot_img
LEES OOK ....

#2 Dokter se winterpad met kanker: ‘Slegs die Here kan my hiervoor krag gee’

DEUR ADRI COETZEE So breek my eerste chemoterapiesessie aan. Teen die muur in die onkologie-afdeling staan dié teksvers geskryf: Neh...

SOORTGELYKE STORIES

- Advertisement -spot_img