Jou Geloof

Vrou kyk na sonsondergang

DEUR AMANDA DE LANGE Vasgekeer?   “Moenie bang wees nie, dié wat by ons is, is meer as wat hulle is.” 2 Konings 6:16. “Hulle het my omsingel soos bye …” (Ps 118:12, 1953-vertaling).   Is dit nie presies hoe dit soms voel wanneer die lewe jou oorweldig nie? So al asof dít waarmee jy gekonfronteer word jou vanuit elke hoek wil platloop!   Ons word maklik oorweldig deur dít wat voor ons is. Veel moeiliker is om die vertroosting te ontvang wat gebied word deur dít wat jy nie met die blote oog kan sien nie.  ’n Bewustheid van die ongesiene dinge help ons om ons voete stewig op die aarde te plant en die oormag in die oë te kyk, pleks van om te draai en te laat spaander.  As gelowiges vertrou ons op die God wat ons nie met die blote oog kan sien nie, nie met die natuurlike oor kan hoor nie en nie met die hand kan voel nie. Ons vertroue en geloof is nie in die natuurlike nie, maar in die bonatuurlike. Ons weet daar is in elke situasie waarin ons vasgekeer voel, […]

Vrou wat staan

DEUR H KROEP   Alet haal die laaste lakens van die bed af. Nog net hierdie bondel was dan is die orde weer herstel, praat sy sommer met haarself. Sy het die kinders se kuiertjie so geniet. Ag, hier lê klein Willie se een skoentjie nog onder die bed. Sy hoop nie hy gaan dit […]

Vandag se rubriek is vir my besonders moeilik om te skryf. Hierdie aspek van onvrugbaarheid moet ook ingesluit word as ons oor onvrugbaarheid praat. Maar die  waarheid is dat ek myself nie kan indink om met hierdie realiteit saam te leef nie. Of ek dit nou wil erken of nie, dit gebeur gereeld dat persone […]

Geslagstereotipes dring ongelukkig ook gesprekke oor onvrugbaarheid in. Dis mos maar die vroue wat die graagste babas wil hê, emosioneel is as gevolg van hulle hormone en tipies wil praat oor hoe hulle voel.  Daarteenoor word mans meestal hanteer as die ‘sterker’ party – in staat om meer te hanteer en in stilte voort te […]

Die uitbreek van die gevreesde Koronavirus wêreldwyd maak duisende mense vreesbevange, depressief en magteloos. Daar is mense wat paranoïes, neuroties of paniekerig raak. Isolasie, inperking en fopnuus vererger boonop angs en depressie. Op die ou einde ontlok alles’n pandemie van vrees uit. Wat kan jy en jou geliefdes doen om hierdie angs en depressie in […]

Die destydse TV-advertensie vir kleefplastiek het my sesjarige verbeelding aangegryp. Ek het verwonderd gekyk hoe ’n vrou koeldrank in ’n glas skink, die glas se oop kant met kleefplastiek bedek – en die glas met ’n sierlike boog die lug in gooi. Elke keer het die kleefplastiek verhoed dat ’n enkele druppel gemors word. Die […]

Ek het vir baie lank gevoel dat God my nie hoor nie. Ek het later begin glo dat Hy my doelbewus ignoreer. Ons het Hom gesmeek vir ʼn baba, maar daar was vir jare geen antwoord nie. Die stilte was net so erg soos ‘n moontlike “nee.” Hoor God ons hoegenaamd en hoe weet ons […]

Ek het ’n ligte tikkie op my skouer gevoel en omgedraai. Die man voor my het ’n groen stuk papier en ’n pen na my toe uitgehou. “Help my asseblief, Mama,” het hy gevra. “Ek kan nie skryf nie.” Ek het die vorm by hom geneem en begin invul soos hy my voorgesê het. Ek […]

Felicia Goosen

Sy is in ’n tronk in Thailand gebore. Op haar derde verjaardag is sy na Suid-Afrika teruggestuur waar sy in pleegsorg geplaas is. Sy is onlangs weer Bangkok toe, hierdie keer op ’n uitreik. Sy wou afsluiting kry. Genesing vind. DEUR DEONETTE DE KOCK Die 24-jarige Felicia Goosen gesels met LiG ná haar onlangse terugkeer […]