Jou Geloof

’n Gesin wat kies om die Here te dien, is ’n gesin wat besonderse waardes nastreef. Hulle weet hulle is nie hier om bloot te probeer inpas nie, maar om ’n daadwerklike verskil te probeer maak. Deur René Badenhorst Die wêreld het gesinne met sterk waardes nodig. Daarom is dit belangrik dat elke gelowige gesin […]

Sy geboorte is nie op ’n Kerskaartjie verewig nie. Boney M was nie die hemelse koor nie. Die krip is nie vir Hom ontwerp nie; dit was ’n gewone voerbak waaruit skape gevreet het. Hy was nooit “Liewe Jesus” nie, maar uit die staanspoor Christus die Here. Deur Stephan Joubert “Dit lyk dan nie soos […]

In Maartmaand herdenk ons die Lydenstyd. Dit is ’n tyd vir hertoewyding aan God, van gestrooptheid, en ’n tyd vir stilte. Ons verootmoedig ons voor God, bely opnuut ons sondigheid en rig ons oë op Jesus se kruis. Dan breek Goeie Vrydag aan – vanjaar op 25 Maart. En op die 27ste vier ons Jesus […]

Veiligheid, gesondheid, vreugde, en ’n lewe in oorvloed. Dít is enkele dinge wat ouers hulle kinders gun. Maar wie bid dit van God vir hulle kinders af? Is dit nie wat ouers in die eerste plek veronderstel is om te doen nie? Soms het ’n ma en ’n pa wel ’n bietjie leiding nodig, aanmoediging […]