Jou Gesin

7 April 2021 DEUR SIMONE GAUCHE Ons oudste het net voor Paasfees drie jaar oud geword. Ons het besluit dis ’n goeie tyd om ’n Paastradisie te begin vestig wat op Christus fokus. Iets wat meer as paaseiers behels. Om mee te begin, het ek besluit om reeds in die voorafgaande lydenstyd twee dinge prys […]

31 Maart 2021 DEUR SIMONE GAUCHE Iewers op die lang pad luister ek na ’n radiopraatjie. Dit handel oor die dinge wat ons van Hanna, die priester Samuel se ma, oor ouerskap kan leer. Dit het so ’n indruk op my gemaak dat ek weer na haar verhaal in die Bybel gaan kyk het. Hanna was […]

26 Maart 2021 Die joernalis en oudonderwyser Julian Jansen se tweede boek, Seuns sonder pa’s, het onlangs by Lux Verbi verskyn. Dié boek bied ’n persoonlike kykie in hartverskeurende statistieke, onder meer dat meer as 60% van Suid-Afrikaanse kinders nie hul eie pa ken nie. Daar is ook raad van geestelike leiers en gemeenskapslede oor […]

24 Maart 2021 DEUR SIMONE GAUCHE “Dankie, Pappa, dat jy die deur vir Mamma oopgemaak het!” So skree my oudste vanuit sy karstoeltjie. My man het pas vir my die motor se deur oopgemaak sodat ek kan inklim. Ons oudste is amper drie jaar oud. Ons is besig om hom te leer om “asseblief” en […]

17 Maart 2021 Té lank is ’n belangrike skakel in kinderontwikkeling misgekyk: die invloed van swaartekrag op die liggaam en die brein. En was dit nie vir die ruimtevaart nie, was ons dalk steeds in die duister. Nou het daar boonop ’n baanbreker-boek verskyn wat meer lig hierop werp. DEUR MARIETTE SNYMAN Het jy geweet […]

17 Maart 2021 DEUR SIMONE GAUCHE Iewers in jou vormingsjare het jy dalk aan ’n geheime klub behoort. Julle het ’n geheime kode gehad, miskien ’n geheime taal of ’n geheime manier om hand te skud. Julle het in die geheim byeengekom en dinge met mekaar gedeel waarvan buitestanders niks geweet het nie. Wanneer ’n […]

10 Maart 2021 DEUR SIMONE GAUCHE Vandat ek kan onthou, het die gelykenis van die drie slawe en die goue muntstukke by my gespook. Volgens dié Jesusverhaal het elke slaaf, na die eienaar se diskresie, ’n aantal muntstukke ontvang. Ek het nog altyd ’n wesenlike vrees gehad dat ek besig is om my muntstukke te […]

4 Maart 2021 Dis ’n wonderlike voorreg om as gesin die Here te dien en saam sy wil vir ons lewe te ontdek. DEUR SUSAN GOOSEN Huisgodsdiens is vir baie mense steeds sinoniem met “Boekevat” – daardie gewyde oomblikke wanneer Pa ná aandete uit die Bybel voorlees, terwyl die res van die gesin stil sit […]

3 Maart 2021 DEUR SIMONE GAUCHE Prediker 3 het nog altyd vir my baie beteken, as ’n ma én as ’n dokter. “Daar is ’n tyd om gebore te word, ’n tyd om te sterwe. ’n Tyd om ’n lewe te neem, ’n tyd om ’n lewe te red.” Almal het slegs een asem. Dit herinner my […]