Jou Wêreld

Ná ’n oorsese reis in Maart 2020 is Samantha Olivier en haar man met Covid-19 gediagnoseer. Sy was swanger. Haar grootste bekommernis was die ongebore baba se gesondheid. DEUR SAMANTHA OLIVIER Ek het aan die begin van Maart vanjaar in Londen aangekom. Ná ’n werkverwante konferensie sou ek en my man Garth met vakansie gaan. […]

Voel jy ook soms jy mis iets wanneer iemand anders se geloofslewe vir jou lyk asof dit net met lig en voorspoed gevul is? DEUR LISEL JOUBERT Van kleins af word ons op verskillende maniere geleer dat lig beter is as donker: As die son sak, gaan die ligte aan. As ek bang is vir […]

Man wat langs boom staan

“Wees stil en weet Ek is God!” – Psalm 46:11  DEUR SUSAN COETZER Die lewe is besiger as ooit. Die trapmeul waarop ons elke dag as verantwoordelike landsburgers klim, beweeg al vinniger. Dit vra al meer van ons om by te hou – om al die spreekwoordelike balle in die lug te hou. Ons moet afsprake nakom, sperdatums haal, rekeninge betaal en met familie en vriende connect. Ons moet oorleef.   Daar is elke dag al meer roepstemme wat om jou aandag meeding – stemme in jou brein, hart en gedagtes wat jy nie afgeskakel kry nie. Dan is daar ook nog tegnologie – Facebook, e-posse, WhatsAppboodskappe wat soos bondels wasgoed net nooit einde kry nie.  Mense staan in rye by apteke op soek na tonikums of bruistablette om hulle energie te boost. Mense gaan al meer dokter toe met siektes wat met uitbranding verband hou. Meer mense besoek sielkundiges, terapeute of spa’s in die hoop dat hulle hulle lewenslus sal kan herwin.  Ek het egter ’n gratis bruistablet ontdek wat my energie aanvul vir al die uitdagings op my lewensbord: stilte. As deel van my lewensberoep reis ek die land vol en tree gereeld as spreker op. Dit tap my energie. Ek het gevind as ek nie genoeg tyd in stilte deurbring nie, ek geïrriteerd  en sonder sprankel raak.  In stilte by die Here herlaai ek my mensbattery en kry ek ware en diep rus vir my liggaam, gees, denke en emosies. Dit is ook in hierdie stilte dat die Here […]

Dogtertjie wat agter haar hande skuil

Die COVID-19-pandemie het die kollig op ’n ander gruwel laat val: gesinsgeweld. Vir diegene wat hieraan blootgestel word, bring die inperkingstyd nuwe vrese en uitdagings. DEUR SUSAN GOOSEN Sedert die begin van die inperkingstyd is daar ’n skerp toename in die gevalle van gesinsgeweld wat in Suid-Afrika aangemeld word. Marise Swart, kliniese sielkundige in Pretoria, […]

Die uitbreek van die gevreesde Koronavirus wêreldwyd maak duisende mense vreesbevange, depressief en magteloos. Daar is mense wat paranoïes, neuroties of paniekerig raak. Isolasie, inperking en fopnuus vererger boonop angs en depressie. Op die ou einde ontlok alles’n pandemie van vrees uit. Wat kan jy en jou geliefdes doen om hierdie angs en depressie in […]