Jy mag maar vir jouself omgee

DEUR MILANIE VOSLOO

Is jy lief vir jouself? Ja, kyk jy mooi na jouself of is jy so gefokus op ander dinge en mense dat jy jouself afskeep? Selfs hard is op jouself?

Heel dikwels is ons so bewus van die feit dat ons veronderstel is om onsself vir ander te gee en almal om ons te help, dat ons vergeet hoe belangrik dit is om in die eerste plek na onsself om te sien. Dit terwyl die liefdesgebod duidelik sê dat ons ander soos onsself moet liefhê. Die hele wet is saamgevat in een opdrag: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself” (Galasiërs 5:14).

Dit beteken mos dat ons onsself met oorgawe koesterend moet liefhê sodat ons in dieselfde mate van onsself aan ander kan gee. Of anders gestel, as ons nie na onsself omsien nie, kan ons eenvoudig nie volhoubaar ander se hande probeer vashou nie.

Soos Parker Palmer sê: “Self-care is never a selfish act – it is simply good stewardship of the only gift I have. Every time we listen to true self and give it the care it requires, we do it not only for ourselves, but for the many others whose lives we touch.”

Gee jouself ruimte en tyd waar jy asem kan skep en heel kan word. Eers dán is jy in staat om daardie selfde vrede en heelwees aan te gee. Eers dan hoef jy.

Liefde: ook vir mý

Ek vergeet van myself.

Is soms so kliphard op myself …

dat ek vergeet dat U

sê dat ons ook onsself moet liefhê.

Met u soort hart ook na onsself moet kyk.

 Vandag neem ek u liefde vir my in.

Sien ek u sagte oë op my.

En kyk ek ook met deernis, vergifnis en koestering na mý.

  • Milanie Vosloo is die eienaar van ’n bemarkingsmaatskappy, topverkoperskrywer van geestelike boeke en ’n gereelde rubriekskrywer vir LiG.

Facebooktwitterredditpinterestlinkedinmail

- Advertensie -spot_img
LEES OOK ....

‘Ek was in ’n dal van doodskaduwee, en nou is ek weer uit,’ sê ma wat ander bemoedig nadat haar seun sterf

Ses maande gelede het Lelanie Kriel van Durbanville haar enigste seun aan die dood afgestaan ná ’n vier jaar...

SOORTGELYKE STORIES

- Advertisement -spot_img